HET JY GEWEET?
Babakos behoort geen sout of suiker behalwe natuurlike suiker te bevat nie. Gebruik dus vars kos en lees etikette van kommersiële babakos voor jy dit gebruik. Aanvanklik is geen geurmiddels nodig nie. Later kan vars groente, vrugte en klein hoeveelhede vars kruie of soutvrye speserye bygevoeg word.