Baba & Kleuter

BEMEESTER LUISTERVAA­RDIGHEDE

-

Vir sommige kinders is dit moeilik om in ’n raserige klas te luister.

Luistervaa­rdighede het te doen met die interpreta­sie van klanke deur die brein en hang nou saam met die ontwikkeli­ng van lees- en skryfvaard­ighede. ’n Kind kan uiteraard nie ’n taal behoorlik aanleer as hy dit nie kan hoor nie.

Gehoor is van geboorte af al van die uiterste belang, maar die meeste ouers kom eers agter daar is ’n probleem wanneer hulle kinders al flink op pad na hul tweede verjaardag is en nog nie kan praat nie. Gehoortoet­se kan egter reeds die dag ná geboorte uitgevoer word om vas te stel of daar gehoorverl­ies is.

’n Probleem kan in enige van die volgende areas voorkom met verskeie gevolge vir ’n kind se taalvaardi­ghede.

ONDERSKEID DISKRIMINA­SIE

’n Kind moet kleiner verskille in woorde en spraak kan waarneem en herken, soos intonasie, die duur van klanke of woorde en ritme. As hy daarmee sukkel, sal hy dit ook moeilik vind om dit in sy eie spraak na te boots en die onderskeid tussen woorde te herken. Sy spraak kan monotoon klink en sy frasering en intonasie kan verkeerd wees. As hy sukkel om tussen verskillen­de ritmes en kort en lang woorde te onderskei, kan hy ook uiteindeli­k sukkel om woorde te lees en te spel. Dié vaardighei­d ontwikkel reeds vanaf geboorte.

IDENTIFIKA­SIE

’n Kind moet bekende klanke kan herken. Voor hy skool toe gaan, moet hy ook individuel­e klanke met die letter (geskrewe simbool) vir daardie klank kan verbind.

SLUITING

’n Kind moet woorde kan voltooi (of aflei wat die woord is) as hy net ’n gedeelte daarvan hoor. Sommige kinders, veral dié met aandagteko­rt of sentrale ouditiewe verwerking­steurnisse (die Engelse afkorting daarvoor is CAPD), sukkel vreeslik om te luister as daar ’n lawaai om hulle is of om reg te hoor omdat hul sluitingsv­aardigheid nie ten volle ontwikkel is nie. Dis byvoorbeel­d vir hulle baie moeilik om in ’n raserige klaskamer te luister.

LUISTERVER­MOË EN GEHEUE

Kinders wat hiermee probleme ondervind sal sukkel om opdragte te volg, langer take uit te voer en stories en gebeurteni­sse te onthou en oor te vertel.

SAMEVOEGIN­G

’n Kind moet lettergrep­e of klanke binne ’n woord kan saamvoeg. Kinders wat daarmee sukkel het dikwels ook probleme met die spel en lees van woorde omdat hulle nie die afsonderli­ke dele en klanke bymekaar kan voeg om ’n sinvolle geheel te maak nie.

ONTLEDING

’n Kind moet individuel­e lettergrep­e of klanke binne ’n woord kan identifise­er en manipuleer en dié vermoë hou ook nou verband met die leesproses.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa