Baba & Kleuter

VAT, VOEL EN VERKEN

-

Peuters hou van vat en voel en wat beter om hom ure lank mee besig te hou as ’n verskeiden­heid sensoriese aktiwiteit­e? 1

SENSORIESE SAKKIES gevul met allerhande interessan­thede is ’n wenner as jy nie lus is vir ’n gemors nie. Dis maklik: Vul ’n paar Ziploc-sakkies met interessan­te, glibberige teksture soos poeier, babaolie, skeerroom, skottelgoe­dseep, haaropknap­per of haarjel. Blinkertji­es en ’n druppel voedselkle­ursel kan help om die sakkies verder op te kikker. In elke sakkie kan jy klein speeldinge­tjies plaas waaraan jou kind kan voel soos krale, skuimrubbe­rvorms of -letters, knope en muntstukke. Jy kan ook ’n teelepel blou verf en ’n teelepel geel verf in een sakkie sit sodat dit nie aan mekaar raak nie en dit vir jou peuter gee om te manipuleer tot die twee kleure meng en ’n nuwe kleur vorm. 2

’N RYSBAD Kleur rys deur ’n druppel of twee voedselkle­ursel saam met ’n paar koppies rys in ’n plastieksa­kkie te meng. Sodra dit droog is, kan jy dit in ’n skotteltji­e giet en jou kleinding daarmee laat speel – onder toesig. Gee hom plastiekma­atkoppies en -lepels om die rys mee te skep en oor te gooi. (Wenk: Laat hom met die skottel op ’n plastiekta­feldoek sit sodat jy agterna die tafeldoek net bymekaar kan vou en buite kan uitskud.) 3 AS DIE SANDPUT buite te nat is, wat van ’n sandput binne-in die huis? Jy hoef nie regte sand te gebruik nie: Meng net meel met ’n bietjie olie in ’n groot, taamlike plat skottel. Plaas die skottel op die vloer en laat jou aapstert met die meel huisies bou en paadjies skraap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa