Baba & Kleuter

SIEK IN DIE BED

-

Dit bly ’n uitdaging om ’n siek kleinding rustig in die bed te hou. • GOOI ’N KOMBERS OOR ’N TAFEL om ’n huisie daaronder te vorm en maak jou kind se bed daar op. Wat maak dit saak as sy bed nie in sy kamer is nie? Rus sy huisie toe met ’n paar geliefde sagte speelgoed, ’n flitsie, boekies en eenvoudige legkaarte (dis nie nou die tyd om hom te stimuleer met moeilike uitdagings nie). • HAAL DIE ALBUMS UIT. Dit sal vir jou siek kind heerlik wees om saam met jou deur jul

familiealb­ums te blaai en mense daarin te identifise­er en te bespreek. • GEE HOM ’N KLOMP OU TYDSKRIFTE, ’n stafie gom, ’n stomppunt-skêrtjie en ’n lekker groot plakboek. Hy kan dalk nog nie juis knip nie, maar kan die prentjies waarvan hy hou uitskeur en dan kan jy hom help om dit in sy spesiale boek te plak. • SNY ’N GAT IN DIE DEKSEL VAN ’N KARTONBOKS wat net groot genoeg is dat hy sy handjie daardeur kan kry. Vul die boks met allerhande interessan­thede soos kleinerige stukkies speelgoed en eethappies. Hy moet elke slag wonder wat hy dié keer gaan uithaal. • GEE JOU KLEINDING PLAKKERS wat afgetrek kan word en ’n plakkerboe­k. Hy sal hom

lank kan besig hou met die aftrek en inplak van die plakkers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa