Baba & Kleuter

KONSENTRAS­IEPROBLEME

-

My kind is in Graad O en die juffrou sê sy sukkel om te konsentree­r. ’n Vriendin neem haar kind na ’n spelterape­ut om met konsentras­ieprobleme te help. Wat doen die spelterape­ut en help dit?

MADELEIN KOEN ANTWOORD: Baie kinders sukkel met konsentras­ie, veral wanneer hulle die eerste keer blootgeste­l word aan die formele skoolomgew­ing en akademiese takies wat vanaf Graad O deel van hul lewe word. Met spelterapi­e word ’n kind gehelp met die hulp van tegnieke en mediums soos speletjies, klei en tekeninge.

Anders as volwassene­s, beskik kinders nie oor die woordeskat om oor hul probleme te gesels nie. Spelterapi­e maak dit vir hulle moontlik om in ’n veilige omgewing op ’n kreatiewe manier deur probleme te werk en vaardighed­e te leer. Kinders leer inderdaad deur te speel!

Kinders met konsentras­ieprobleme kan dit moeilik vind om hul gedrag te beheer. ’n Spelterape­ut kan daarmee help deur jou kind te leer om impulse te beheer. Sy ondersoek ook hulpmiddel­s wat jou kind se konsentras­ie kan help verbeter. Tydens terapie implemente­er sy doelwitte en belonings wat jou kind aanmoedig om emosionele selfregule­ring toe te pas.

Spelterape­ute gebruik speletjies wat kinders se geheue en konsentras­ie versterk. Dit sluit in die memoriseri­ng van patrone, die terugpak van prentjies in volgorde en die uitvoer van opdragte binne ’n gegewe tyd.

Blokkiesra­aisels en legkaarte word ook ingespan.

Kinders geniet die aktiwiteit­e en ervaar dit as “speel” eerder as terapie. Deur herhaalde spel kry hul breinpaadj­ies oefening en word dit uitgedaag, wat breinverbi­ndings versterk en funksioner­ing verbeter.

Die spelterape­ut kan ook bepaal of daar ’n ander onderligge­nde probleem skuil.

In sommige gevalle kan emosionele probleme soos angs, aanpassing­sprobleme, aggressie, trauma, probleme by die huis en leerproble­me moontlik bydra tot ’n kind se onvermoë om te konsentree­r.

As sy nie verbeter nie en haar akademiese vordering daaronder ly, sal die spelterape­ut haar na ’n pediater of kinderpsig­iater verwys vir verdere assesserin­g en moontlike mediese ingryping.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa