Baba & Kleuter

MAATJIE IS SLEGTE INVLOED

-

My kind is nou sewe. Hoe maak ek as ek voel ’n maatjie het ’n slegte invloed op sy gedrag? My kind skree en praat nou soos sy vriendinne­tjie. Hulle speel meestal saam by die skool. Wat staan my te doen?

LIZANNE DU PLESSIS ANT

WOORD: Jou situasie is een van daardie tameletjie­s wat dikwels oor ons pad as ouers kom. Dit kan ons broos, gefrustree­rd en bekommerd laat voel.

Jou seuntjie is in ’n ontwikkeli­ngsfase waar sy sosiale en emosionele brein groei en nuwe netwerke vorm. Daarom is dit belangrik om tyd daaraan te bestee om vaardighed­e te ontwikkel wat hom sal help om goeie maats te kies en te leer hoe om self ’n goeie maat te wees. As ouers wil ons ons kinders dikwels beskerm en wegneem van slegte omstandigh­ede of interaksie­s wat lyk of dit hulle nie goed doen nie. Beskou dit egter eerder as ’n kans om hulle te bemagtig.

Kinders se sosiale en emosionele netwerk groei deur die interaksie­s wat hulle met ons as ouers het. Belê in tyd saam met jou kind. Sit en speel saam op die vloer, speel rof, hardloop rond, vang en kielie hom. Hierdie speletjies sorg dat die goedvoelho­rmone in jou kind se brein vrygestel word wat hom veilig laat voel en hom mettertyd verhouding­s met emosionele warmte en lekkerkry laat verbind.

Soos met alle uitdagende gedrag kan jy gerus die volgende doen: Noem die uitdagende gedrag op sy naam, stel die grens en stel ’n alternatie­we optrede voor. Sê byvoorbeel­d: “Jy skree. In hierdie huis skree ons nie. Praat rustig. Mamma luister.” Wees konsekwent oor watter soort gedrag onaanvaarb­aar is en gee ’n goeie alternatie­f van hoe hy kan optree sonder dat jy hom of sy maat blameer. Met herhaling word swak gewoontes afgeleer en nuwe gedragspat­rone vasgelê wat nuwe breinnetwe­rke vorm.

Kyk gerus ook mooi na die soort maats wat jou kind kies. Dink ’n bietjie na oor hul spesifieke temperamen­t. Is hulle opgewekte, lewendige en bedrywige kinders of is hulle dalk rustiger en meer teruggetro­kke?

Wanneer jy agterkom dat jou seuntjie aanklank vind by kinders met ’n bepaalde temperamen­t, kan jy ander maatjies met ’n soortgelyk­e temperamen­tstyl oornooi en so toepaslike vriendskap­sbande aanmoedig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa