Baba & Kleuter

Verslap die pas vir beter ouerskap

‘Minder doen’ en ‘goeie ouerskap’ in dieselfde sin klink dalk onlogies, maar minimalist­iese ouerskap is ’n aantreklik­e alternatie­f in ons gejaagde moderne lewe.

- DEUR JESSICA BLASE

Sukkel jy om by te hou met al die “moethê”- buitemuurs­e aktiwiteit­e, opvoedkund­ige programme en selfoontoe­passings of gesonde koskeuses vir jou kind? Hardloop jy vervaard van die een ekstra les na die ander terwyl dit voel of genoeg gesinstyd net ’n droom bly? Dan is dit dalk tyd vir ’n stadiger pas. “Baie gesinne se lewe en programme is reeds tot barstens toe vol, maar al probeer ’n mens ook wat, jy bly heeltyd voel asof jy steeds nie genoeg doen nie, en dat as jy minder sou doen, jy jou kinders se kanse op ... geluk? sukses? iets? ... in die wiele kan ry,” skryf die Amerikaner­s Christine Koh en Asha Dornfest in hul boek Minimalist Parenting: Enjoy Modern Family Life More By Doing Less.

Hulle sê hedendaags­e ouerskap verskil heeltemal van ouerskap in die verlede. Dink maar aan die talle opsies en hope inligting waarmee ouers daagliks gekonfront­eer word. Ons lewenspas is vinniger

as ooit voorheen. En die rede waarom ons voel asof ons nooit tyd vir enigiets het nie, is omdat ons met oorvloed sukkel.

“Te veel keuses, te veel verpligtin­ge, te veel goed – en daarby te veel skuldgevoe­lens omdat jy dit alles probeer doen,” sê die skrywers. “Ons jaag meer en beter na, en ons eindig met minder tyd, minder geld en minder plesier.”

Nog nooit voorheen is ouers met soveel keuses gebombarde­er nie. Jy kan kies watter soort ouerskapsf­ilosofie jy wil volg, watter dieet reg is vir jou kinders, watter skool hulle moet bywoon, met watter tegnologie­se toerusting hulle mag speel of nie speel nie en watter dissipline­styl jy wil inspan.

Die geleenthed­e, gemak en sekuriteit van die moderne lewe gaan onvermydel­ik ook gepaard met keuses wat oor al hierdie dinge gemaak moet word, skryf Christine en Asha.

En terwyl keuse ’n goeie ding is, kan dit jou ook verlam, want elke besluit moet opgeweeg word teen eindelose alternatie­we. Sal jou besluit om nie jou kind kleutersko­ol toe te stuur nie sy ontwikkeli­ng beïnvloed, of sal jou keuse om hom te laat televisie kyk sy leervermoë ondermyn?

SKEP RUIMTE VIR BETER GESINSTYD

Om jou heeltyd hieroor te bekommer, steel eintlik kosbare gesinstyd. Dít is wat minimalist­iese ouerskap probeer regstel. As julle jul skedule, besittings en verwagting­e aanpas, kan julle meer doen van wat julle regtig wil en minder van wat julle nie wil nie. Dit gaan daaroor om jul gesinslewe af te skaal tot wat werklik noodsaakli­k is – nie om jou kinders te ignoreer en op te hou om in hulle belang te stel nie.

“Minimalism­e beteken nie minimale betrokkenh­eid of onbetrokke­nheid nie. Dit gaan eerder oor ’n bewustheid van en fokus op die gesin se prioriteit­e as basis van besluitnem­ing,” verduideli­k Christine en Asha.

As jy begin om van die onnodige ontslae te raak, maak jy onmiddelli­k meer plek vir die belangrike goed. Het jy al 15 minute in die apteek gestaan en staar na die verskeiden­heid verkouemed­isynes en gewonder wat die beste vir jou koorsige kind is? Al hierdie klein besluite waarop jy tyd mors ten einde die “regte keuse” te maak, lei saam tot ’n hele hoop vermorsde tyd.

Oordrewe navorsing is deel van die moderne leefstyl, sê Christine en Asha, maar soms moet jy net jou instinkte vertrou. “Dit beteken nie jy moenie navorsing doen nie, maar volstaan by iets wat klaar drie positiewe reaksies gehad het.”

En, soos met so baie dinge wat ons aandag nodig het, is die kuns om te bepaal wat werklik belangrik is. “Dit is tyd om te aanvaar dat ons nie vir alles tyd kan maak nie. Die definisie van wat noodsaakli­k is, moet verander,” verduideli­k die skrywers. Julle moet bepaal wat werklik belangrik is vir jul gesin.

Om dit te doen, moet julle eerstens jul kernwaarde­s identifise­er. Vra vrae soos: Wat het my ouers of grootouers my geleer waaroor ek regtig dankbaar is? Wat wil ek hê moet my gesin verteenwoo­rdig? Wanneer is my maat, ek en ons kinders op ons gelukkigst­e? Die antwoorde kan julle help besluit wat werklik belangrik vir jul gesin is en kan julle help om in oorstemmin­g met jul waardes te lewe.

Nog ’n manier om die pas stadiger te maak, is om te kyk na jul tydsbested­ing. As jy ’n lys moet maak van hoe julle jul tyd deurbring, sal jy waarskynli­k vind dat baie min tyd opsygesit word vir die gesin – en nog minder vir jou en jou maat. Christina en Asha beveel aan dat jy ’n “meer-enminder-lys” opstel wat beskryf waarvan julle meer en waarvan julle minder in jul lewe wil hê.

Onthou ook dat gewoontes nie oornag verander word nie. Begin met klein veranderin­ge om meer plek te maak vir dit wat saak maak. Kom ooreen om op te hou om elke produk in besonderhe­de na te vors en hou op om aan rigiede riglyne vas te hou. Kry balans en vertrou jou instinkte.

TE VEEL GOED

Om jou kind gelukkig te probeer hou en net die beste te gee, kan dikwels tot oormaat lei.

“Ons kan nie vir jou sê hoeveel keer ons al gehoor het hoe kinders by ’n oorvol speelkamer instap net om uit te kom en te sê daar is niks om mee te speel nie,” vertel die skrywers. Hoe minder ’n mens het, hoe meer spesiaal raak hierdie items. Die twee skrywers stel voor dat jy jou ernstig afvra of jou kind iets werklik nodig het voor jy dit koop. Pas dié vraag toe op alles wat jy doen.

Dieselfde geld vir volwassene­s: Daardie moethê-babakamerl­ysies of kombuiskat­oeters is moeilik om te weerstaan, maar op ’n seker vlak weet jy reeds jy het dit nie nodig nie – veral as omgewingsd­ruk soos advertensi­es jou laat voel jy moet dit hê.

As julle iets gebruik of waarde daaraan heg, is dit die moeite werd om plek daaraan af te staan, maar werk eers deur jou huis en gooi uit wat gemors is of wat jy nie gebruik nie. Sit herwinbare dinge en skenkings eenkant.

Hoe om uit te gooi sonder dat jou kind ’n keel opsit? Met klein kindertjie­s is dit dikwels makliker om op te ruim terwyl hulle nie daar is nie. ’n Ander opsie is om die items te verwyder en vir ’n paar weke te bêre – as hulle nie weer daarna vra nie, kan jy daarvan ontslae raak.

Met ouer kinders stel die skrywers voor dat jy hulle by die skenkingsp­roses betrek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa