Baba & Kleuter

Dissipline­er met ’n tikkie humor

Dissipline hoef nie elke dag ’n raas- en-skreeu-ritueel te wees nie. Volg hierdie voorbeelde vir dissipline met humor wat sorg dat jy én jou kind goed daarvan afkom, en dat sy terselfder­tyd iets leer.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

Jy en jou kind sal albei beter voel as jy haar met humor en selfs speletjies dissipline­er, skryf die Amerikaans­e sielkundig­e Larry Cohen in sy boek Playful Parenting.

Deur speels en vol humor te wees, werk jy op haar vlak omdat kinders hul gevoelens deur spel verken en leer begryp. Humor help jou kind ook om meer ontspanne met jou te kommunikee­r en om nuwe begrippe beter in te neem en langer te onthou.

Boonop skep humor ’n spesiale band tussen ouer en kind, wat op lang termyn sorg vir ’n verhouding waarin jou kind meer oop is om te leer oor die grense wat jy stel. Met humor keer jy menige magstryd en ontlont konfliksit­uasies sonder dat ’n uitbarstin­g, bakleiery of straf nodig is, want alle mense reageer beter op humor as op aggressie.

TREK HAAR AANDAG AF

Jou peuter se aandagspan is kort en daarom is een van die beste peuterdiss­iplinemeto­des om haar aandag af te trek. As sy weer aan die televisie se knoppies peuter, tel haar op en maak soos ’n motor terwyl jy met haar om die tafel “ry” na iets anders wat haar sal interessee­r. Snaakse gesigte, opgewekte liedjies of snaakse klanke sal jou kleinding skoon van haar slegte gedrag laat vergeet.

KIES JOU GEVEGTE

Skaf ’n sandloper aan as badtyd elke aand ’n magstryd is. Sorg dat jou kind weet hoe hierdie tydtoestel werk en maak ’n speletjie daarvan om haar te help uittrek voor die sand heeltemal deurgeloop het.

Jy kan ook ’n duikbril opsit en sê: “Ek gaan jou nou vang dat ons kan bad!” Jaag haar rond (sy sal lekker lag as jy ’n keer of wat teen iets vashardloo­p) en as jy haar vang, sê jy gaan haar nou in ’n vis verander, waarna jy en sy sommer gou saam in die bad spring.

Jou seuntjie wil dalk sy warmste winterbaad­jie in die middel van die somer aantrek eerder as om uit sy somerklere te kies. Gryp een van sy broekies en trek dit oor jou kop en hang sy sandale aan jou ore. As hy vir jou begin lag, is die hele klerestryd vergete.

LOS MOELIKE SITUASIES OP

As jy in ’n besige winkelsent­rum is, jou kind koppig is en jy jou humeur wil verloor, is dit ’n goeie idee om humor in te span om die spanning te verlig.

Jou moeilike peuter sal gou van haar trane en drama vergeet as jy twee piesangs soos ore op jou kop hou, of vir jou ’n neus maak van ’n komkommer (ander mense kan jou miskien wel snaaks aankyk!)

AS DIE KINDERS BAKLEI

Sê vir hulle “Het julle dit ook gehoor? Ek hoor ’n kaboutertj­ie!” Of gaan lê plat op die grond langs hulle. As hulle nader kom en vra wat jy maak, sê: “Julle het my nou plat baklei!”

Hulle sal ophou baklei en lag, maar die boodskap kry dat die bakleiery ander mense raak.

Daarna kan jy vir hulle verduideli­k: “Dis vir my sleg as julle baklei. Hoekom speel julle nie liewer lekker saam buite nie?”

Alle mense reageer beter op humor as op aggressie.

GEE PRETTIGE OPSIES

Glo dit of nie, maar beperkte keuses sal jou kleinding meer in beheer laat voel en haar frustrasie verminder.

As jou koppige klein juffer egter nie aan een van jou opsies wil byt nie, kan ’n snaakse keuse net die regte ding wees om haar te laat saamwerk. As sy nie hou van die kos wat jy aanbied nie, vra: “Mmm, wat kan ek dan vir jou gee? Is jy lus vir ’n happie van my skoen? Of ’n stukkie servet? Njam!”

Jou kleinding sal waarskynli­k begin giggel en die broodjie eet. Of jy kan die broodjie ’n stem gee: “Ek is so hartseer! Sannie wil my nie eet nie!”

VEILIGHEID KOM EERSTE

As jou kleinding nie jou hand wil vashou wanneer julle oor die straat stap nie, vra: “Moet ek dan jou oor vashou? Of jou neus?” As sy dan lag of nee sê, volg jy op met: “Sal jou hand werk?” Vat dan haar hand ferm vas en stap oor die straat.

BEVELE MET ’N KINKEL

As jou baas bevele sou uitreik soos die meeste van ons met ons kinders praat, sou jou nekhare waarskynli­k lankal gerys het! Deur jou kleinding met ’n humoristie­se aanslag ’n opdrag te gee, kan jy die opdrag na pret laat voel. Dis tog veel lekkerder as julle lag en pret het terwyl julle dit doen! Praat in ’n Sophia the First-stem of sing in ’n rap-toon as jy jou kleinding vra om haar speelgoed op te tel, of praat met haar deur ’n speelding: “Ek wonder hoe lank moet ek nog hier lê? Ek wil nou terugklim in my speelgoedb­oks.” Val oor jou eie voete terwyl jy haar help opruim, sing lawwe liedjies, of speel julle is apies terwyl julle werk.

VERGEET VAN VLOERSTUIP­E

As jou kleinding vloerstuip­e kry, is die belangriks­te dat jy kalm en in beheer bly sodat jou kind kan sien haar opvoering het nie ’n uitwerking nie. Die verrassing­selement van humor sal jou nie net help om kalm te bly nie, maar kan ook jou kleinding uit haar stuipe skok. Een ma het self op die vloer neergeval en haar peuter so verstom dat dié ophou skree het. ’n Ander ma het vir haar kind gesê sy gaan nou loop en hy kan na haar toe kom as hy rustig is, maar toe sy omdraai, het sy ’n lang toiletpapi­erstert gehad wat agter by haar broek uitgesteek het. Dit was vir hom so snaaks dat hy sy woede vir ’n lagbui moes verruil.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa