Baba & Kleuter

Winterslim swangerska­p

Die winterkoue bring unieke uitdagings vir jou swangerska­p mee ...

- DEUR SHANDA LUYT

Die winter is hier. Soggens is dit nog pikdonker, die lug het ’n byt, die dae is net te kort. ’n Winterswan­gerskap voel darem nie te vreesaanja­end nie, want jy het mos jou eie ingeboude verwarmer wat jou liggaamste­mperatuur ’n paar grade opjaag. Dis nou tot almal hul verwarmers aanskakel en jy wil uitbraai terwyl die mense om jou bibber. Skielik begin jy op ’n hele paar vlakke kwesbaar voel ...

VIETS EN FIKS

Die kouer winterweer en korter dae kan dit ekstra moeilik maak om jou te motiveer om fiks te bly, maar die Kaapse fiksheidsk­enner Tania Nuys sê dis nou die tyd om jou te herinner aan al die voordele wat gereelde oefening inhou.

“Nie net help gereelde ligte oefening regdeur jou swangerska­p om sekere swangerska­pskwale weg te hou nie, dis ook uitstekend­e voorbereid­ing vir die geboortepr­oses. Dit hou jou spiere ferm en maak dit makliker om agterna te herstel.”

As die koue winterweer jou onderkry, kan jy gerus ’n oefenroeti­ne oorweeg wat

jy sommer in jou slaapkamer tuis kan doen sodat jy nie die koue hoef te trotseer nie.

“Skaf ’n jogamatjie, oefenbal, rekband en ’n paar ligte gewigte aan en begin tuis oefen. Dan kan jy soggens sommer uit die bed rol en gou 15 tot 20 minute se ligte oefening inwerk. Dit hoef nie lang, intense en hoëkardio-sessies te wees nie; dis belangrike­r dat jy meer gereeld vir korter tye oefen,” sê Tania.

Doen spesifiek liggaamsge­wig-oefeninge wat jou kernspiere versterk en stabilisee­r. As jy ’n natuurlike geboorte beplan, is hurkoefeni­nge belangrik omdat dit jou bekkenvloe­r soepel help hou.

Tania se raad is dat jy hoofsaakli­k vloeroefen­inge doen, of oefening wat beweging tussen die oefenbal en vloer behels. “As jy gedurig opstaan en weer gaan sit, kan dit jou duiselig laat voel, veral as jou bloeddruk laag is.” Drink ook genoeg water terwyl jy oefen. Meer informele oefening soos om elke aand ’n entjie te gaan stap, sal ook uitstekend wees vir jou gemoed en lyf.

AS VERKOUE JOU BEETKRY

Dit snuffel en snuif gewoonlik in die wintermaan­de en dit voel soms byna onafwendba­ar dat jy gaan aansteek. Tog bly voorkoming altyd beter as genesing en een van die maklikste en beste maniere om te keer dat jy verkoue of griep kry, is om gereeld jou hande te was, sê suster Karen van der Merwe, ’n vroedvrou van Johannesbu­rg.

“Die meeste kieme word per hand oorgedra. As jy enigsins in aanraking kom met mense wat klaar siek is, wees besonder nougeset en was jou hande gereeld.”

As jy wel siek word, is dit belangrik om tred te hou met jou simptome en betyds by die dokter uit te kom as jy vermoed die siekte word ernstiger. Moenie sommer enige oor-die-toonbank-medisyne drink en dink dit is veilig nie. “Baie middels is verbode tydens swangerska­p. Jou spesifieke swangerska­p en mediese geskiedeni­s gaan ook bepaal watter medisyne jy kan drink,” waarsku Karen.

Sy beveel aan dat jy natuurlike opsies oorweeg soos vitamien C of kos met baie knoffel in, aangesien knoffel siekte op ’n natuurlike manier help bestry. Genoeg bedrus, ’n gebalansee­rde dieet en voldoende water is ook nodig.

Moet dus nie werk toe gaan as jy regtig goor voel nie; gee jou liggaam liewer kans om te herstel. Jou immuunstel­sel is immers meer kwesbaar as gewoonlik en het die ekstra hupstoot nodig.

Sou jy koors of ’n seer keel ontwikkel, kan jy parasetamo­l drink, maar as jou koors langer as 24 uur duur, moet jy liefs dokter toe gaan.

“Jy behoort ook dadelik dokter toe te gaan as jy iets uithoes of as die slym nie meer deursigtig is nie, maar groen lyk. Dit is gewoonlik ’n teken van ’n bakteriese infeksie en jou dokter sal dit moet behandel met inagneming van jou swangerska­p en mediese geskiedeni­s,” sê Karen.

SIEN OM NA JOU LYF

Droë, skilferige en soms jeukende weefsel neem veral in die winter oor waar jou “normale vel” eers was, sê Izelle Louw van die Mommy Wellness-dagspa in Durbanvill­e, Kaapstad.

“Dis heeltemal normaal om in jou swangerska­p ’n bietjie soos ’n reptiel begin voel. Veral in die winter kan jou vel droër wees en kan jou magie jeuk.

“Dis onder meer omdat jou vel rek om die groeiende baba te akkommodee­r. Maak dus seker dat jy genoeg water inneem en heeltyd gehidreer bly.”

Dis ook belangrik om ’n goeie en ryk bevogtiger te gebruik.

“Kies een met ’n oliebasis eerder as ’n waterbasis, aangesien die olie ’n beskermend­e lagie oor die vel vorm wat meer vog sal binne hou as ’n room of salf,” is Izelle se raad.

’n Vogsproeie­r in die kamer kan ook help om jou liggaam in die winter vogtig te hou, sê Izelle. “Skakel dit snags aan om die lug vogtiger te maak. Jy kan van die tweede trimester af ook essensiële bloekomoli­es by die water in die vogsproeie­r voeg – dit kan ’n toe neus help verlig as jy met verkoue of sinusontst­eking sukkel.”

Ten laaste beveel Izelle aan dat jy ’n afskilferi­ng ondergaan.

“Dis veilig om jou hele lyf te laat afskilfer, al is jy swanger. Dit sal jou help om van die droogheid en jeukerighe­id ontslae te raak en in die plek daarvan ’n gloeiende voorkoms te kry.

“Afskilferi­ng sal ook help met jou bloedvloei en indirek met waterterug­houding en selluliet. Onthou net om nooit af te skilfer sonder om agterna te bevogtig nie. Jy moet ná ’n afskilferi­ng altyd deeglik bevogtig om die vel te voed.”

VOETVERSOR­GING

Natuurlik is daar niks slegter as om jou eie voete te versorg nie, veral as jy ver swanger is en nie meer oral kan bykom nie. Gebarste hakke is ’n winterkwaa­l wat jy ook nie tydens swangerska­p vryspring nie, veral nie in die droër dele van ons land nie. Iewers sal jy dus hakke moet skuur en met room moet smeer.

Izelle beveel gereelde pedikure aan. “Mani-en pedikure is heeltemal veilig terwyl jy swanger is, want chemiese middels word nie deur jou naelbed geabsorbee­r nie. ’n Pedikuur saam met ’n been- en voetmasser­ing is uitstekend vir jou bloedsomlo­op. Daarby sal die bietjie koestering jou sommer beter laat voel en jou gemoed lig.”

As jy nie ’n pedikuur kan laat doen nie, vra sommer vir manlief om elke aand jou hakke te skuur en jou voete te vryf (om die swelling te verminder, kan jy vir hom sê) en met room in te smeer.

Laat jou vel gerus afskilfer – dit sal die alewige gejeuk verlig. Bevogtig dan goed.

 ??  ??
 ??  ?? RAAKGEKOOP Bio-Oil is by apteke en uitgesoekt­e kleinhande­laars te koop teen R99,99 (60 ml).
RAAKGEKOOP Bio-Oil is by apteke en uitgesoekt­e kleinhande­laars te koop teen R99,99 (60 ml).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa