Baba & Kleuter

Klein geskenkpak­kies

Swart, geel, bruin en groen: Dit is alles kleure wat jy in jou nuwe kleinding se poefdoek gaan sien. Ons vertel jou wat jy nog kan verwag.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

SWART POEF

Jou nuwe baba se heel eerste stoelgang word kort ná sy geboorte uitgeskei. Hierdie eerste poef is taai en swartgroen. Die mediese woord daarvoor is mekonium en dit is die pakkie wat jy in die eerste drie dae in jou baba se doeke te wagte kan wees.

Onthou egter dat swart, teeragtige stoelgange by ’n ouer baba op bloed in die spysverter­ingskanaal kan dui. In so ’n geval moet jy jou dokter onmiddelli­k raadpleeg.

WIT POEF

Droë, wit stoelgange is abnormaal. As dit lank voorkom, kan dit dui op ’n onvermoë van die lewer om kos te help verteer. Raadpleeg jou dokter onmiddelli­k.

ROOI POEF (BLOED IN POEF)

As jy helderrooi bloed in jou nuwe baba se stoelgang sien, moet jy liefs so gou as moontlik by jou dokter uitkom.

GEEL POEF

Net as jy gewoond raak aan daai swartgroen poef waarmee jou pasgeboren­e jou aanvanklik verras, word dit geleidelik bruin en dan geel. Borsbabas se doeke is byna mosterdgee­l. Kenners skryf dit toe aan die laktose in borsmelk.

KORRELTJIE-POEF

As jy jou baba borsvoed, sal haar doeke waarskynli­k nie net geel wees nie, maar ook klein stukkies binne-in hê wat soos sade lyk. Hierdie tekstuur, wat soms as los roereier beskryf word, is ook te danke aan die laktose in borsmelk. Moet jou dus glad nie oor die korreltjie­s bekommer nie.

GROEN, GEEL OF ORANJE POEF

Moenie jou te veel kwel oor enige van hierdie kleur stoelgange nie. Groen poef kan daarop dui dat jou baba te veel laktose inkry. Dít gebeur as sy baie gereeld voed en meer van die waterige voormelk as die ryk, voedende agtermelk kry. Raadpleeg egter ’n dokter of suster as jou baba se poef dae aaneen groen bly.

 ??  ??
 ??  ?? Purity & Elizabeth Anne’s se Baby Stain Remover is te koop by babawinkel­s en alle kleinhande­laars teen sowat R22.
Purity & Elizabeth Anne’s se Baby Stain Remover is te koop by babawinkel­s en alle kleinhande­laars teen sowat R22.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa