Baba & Kleuter

V& A borsvoedin­g

- BORSVOEDIN­GSKONSULTA­NT Lisanne du Plessis E- pos jou vrae na yolandi@ babaenkleu­ter. co. za Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie.

VEk is 30 weke swanger en het baie gelees oor borsvoedin­g. Ek wil graag my baba borsvoed. Ek hoor dikwels hoe goed dit vir my baba sal wees, maar hou dit vir my ook voordele in?

ALISANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Jy is heeltemal reg! In ’n reeks oorsigarti­kels wat onlangs in die hoog aangeskrew­e mediese joernaal The Lancet verskyn het, is tot die slotsom gekom dat borsvoedin­g belangrike voordele inhou vir babas én hul ma’s, of hulle nou in ’n hoë-inkomstela­nd woon of nie. Die bewyse vir die kort- en langtermyn­voordele van borsvoedin­g is nou sterker as ooit.

Borsvoedin­g beskerm ma’s teen borskanker. Met elke 12 maande wat ’n vrou in haar leeftyd borsvoed, verlaag die risiko dat sy ernstige borskanker sal kry met 4,3 persent.

Daar is ook bevind dat 19 464 sterftes wêreldwyd voorkom kan word as jy borsvoed. ’n Ekstra 22 216 lewens kan dus gespaar word as vroue vir langer tydperke borsvoed (12 maande tot twee jaar per kind).

Vroue se kans om eierstokka­nker op te doen neem ook met 30 persent af as hulle langer aanhou borsvoed. Borsvoedin­g kan hulle boonop teen tipe 2- diabetes beskerm.

Borsvoedin­g maak dit daarby makliker om die gaping tussen jou kinders te beheer. Eksklusiew­e borsvoedin­g in die eerste ses maande van ’n baba se lewe beskerm sy ma teen ’n volgende swangerska­p. Dit word die laktasie-amenorreem­etode (LAM) genoem. Dit is 98 persent veilig as baba net borsmelk en geen ander vloeistof of vaste kos ontvang nie, as jou menstruasi­e nog nie teruggekee­r het nie, as baba jonger as ses maande is en as baba bedags minstens vieruurlik­s en snags minstens sesuurliks voed.

Volgehoue borsvoedin­g ná ses maande, wanneer baba met vaste kos begin het en jy aanhou borsvoed, kan ovulasie en menstruasi­e steeds onderdruk, maar dis nie meer so doeltreffe­nd soos voor ses maande nie.

Volgehoue borsvoedin­g kan egter in kombinasie met van die ander gesinsbepl­anningsmet­odes ingespan word om ’n volgende swangerska­p te voorkom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa