Baba & Kleuter

Ssssssss-slang

Spring in en prakseer ’n papierslan­g saam met jou kind. Dis vinnig en goedkoop en tog te oulik.

-

JY HET NODIG

• ’n Paar velle groen en blou A4-papier • Een vel oranje papier • 2 knopies • Liniaal • Potlood • Skêr • Gom of kleeflint

GAAN SO TE WERK

1. Trek met behulp van die liniaal en potlood strepies sowat 4 cm uit mekaar oor die breedte van minstens een blou en een groen vel. 2. Knip die papier in repe al met die potloodstr­epies langs. 3. Sny twee driehoekig­e vorms uit die groen papier om die slang se kop te vorm (kyk op die foto hoe dit moet lyk). Knip ’n tong uit die oranje papier. 4. Hou een van die 4 cm-repe eenkant. Buig ’n ander reep in ’n sirkel en plak die punte met gom of kleeflint aan mekaar vas. 5. Buig nog ’n reep in ’n sirkel, maar ryg dit deur die eerste

sirkel voor jy die punte vasplak of -gom. 6. Herhaal die proses tot jy ’n ketting van minstens

12 sirkels het. 7. Knip die reep wat jy eenkant gehou het, in die helfte deur en vorm ’n halfsirkel. Haak dit deur die laaste sirkel van die ketting en plak die wye rande van die driehoeke vir die kop bo en onder aan die los punte van die halfsirkel vas. Glip die tong tussen die skerper punte van die driehoek in en plak alles aan mekaar vas. 8. Plak die ogies op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa