Baba & Kleuter

ONS FACEBOOK-MA’S SÊ …

-

WAT PAK JY IN JOU KIND SE SKOOLKOSBL­IK?

Inke Els My pop word nou twee jaar oud. Hulle kry pap by die skool en dan pak ek ’n toebroodji­e, klein jogurt en ’n vrug saam met rooibostee en ’n sappie.

Roxzanne Gillian Mentoor Hang af. Toebroodji­es met kouevleis of konfyt. Dan sny ek ’n vruggie op en sit dit ook by. Een keer per week vervang al ek die vrugte met vier hoenderbal­letjies. Geen skyfies, sjokolade of koekies word by die skool toegelaat nie.

Crystle Swanepoel My seuntjie kry sy middagete by die skool, maar ons moet ’n peuselhapp­iekosblik inpak. Ek pak proteïene in, soos ’n wigkasie, worsie, gekookte eier, visvingers of oorskietvl­eis van die vorige aand. Dan ook ’n vrug wat gewoonlik iets soos aarbeie, gesnyde appel, piesang (afhangend van wat hy in daardie stadium wil eet) insluit. Ek pak ook ’n jogurt en afgewaterd­e sap in. Ek bak so af en toe klein muffins wat ek soms inpak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa