Baba & Kleuter

BABAKAMER VIR BOETA

-

Ek wil nou al ’n geruime tyd foto’s met julle deel van my babaseuntj­ie, Alexander, se kamer. Ek dink dit het pragtig uitgekom, veral die kassie wat my man, Wiehan, gemaak het. Soveel liefde is in die projek gestort!

Ons het lank tyd gehad om oor die kamer te droom, want ons bid al vyf jaar lank vir hierdie knapie – ’n regte wonderwerk­ie!

Ek het die meeste inspirasie op Pinterest en Instagram gekry. Ons het probeer werk met wat ons het om geld te spaar. Die stoel is ’n ou weggooisto­el wat ek laat oortrek het. JANINE JACOBS, VELDDRIF, WESKUS

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa