WEES VEILIG
Sewe maniere om ’n kaping te vermy
• Hou jou sleutel gereed, maar nie sigbaar nie wanneer jy na jou motor toe stap. Moenie op jou selfoon praat nie.
• Maak seker jou motor is gesluit wanneer jy dit verlaat.
• Die kans is kleiner dat jou motor langs die pad sal gaan staan as dit behoorlik in stand gehou word – laat dit dus nagaan voor jy ver afstande aandurf.
• Onthou om altyd in jou truspieëltjie te kyk of jy agtervolg word. Ry dadelik na die polisiestasie of ’n bedrywige
plek as jy dink jy word agtervolg.
• Sluit vensters en deure en pak waardevolle items waar dit nie gesien word nie.
• Moenie op jou selfoon praat terwyl jy bestuur nie.
• Sorg dat jy omtrent ’n halwe motorlengte van die motor voor jou af stilhou sodat jy in ’n noodgeval kan wegry.
• Ry stadiger wanneer jy ’n rooi verkeerslig nader sodat jy eers daar aankom wanneer dit na groen oorslaan.
Bron: C art ra c k, voertuig opsporings maatskappy