Baba & Kleuter

BLY HIERVAN WEG

-

Die wintermaan­de bring unieke versoeking­s mee. Hier is ’n paar waarvoor jy veral lig moet loop: • Moenie ure lank in ’n vuurwarm bad of selfs ’n sauna deurbring net omdat jy koud kry nie. Dis glad nie goed vir jou baba nie. • Moenie jou wysmaak dat jy nou liters warmsjokol­ade en koffie nodig het nie. Dit bevat kafeïen, en te veel daarvan is

nie goed nie. Jy behoort nie meer as 300 mg kafeïen per dag in te neem nie. • Moenie jou ooreet aan ryk winterkoss­e nie. ’n Gebalansee­rde dieet met genoeg groente, vrugte en slaaie bly nodig vir ’n gesonde swangerska­p. Maak seker jy drink jou vitamienaa­nvullings. • Moenie jou heeltyd in die huis toemaak nie – ’n bietjie vars lug sal jou goed doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa