Baba & Kleuter

DRINK DÁN ’N PILLETJIE

-

Hoewel kos nommer een bly, het sommige aanvulling­s steeds ’n plek – ’n baie belangrike plek vir elke swanger vrou. Dit help om saam met gesonde kos in jou hoë voedingsbe­hoeftes te voorsien. Kom ons kyk daarna. FOLIENSUUR Foliensuur word vir die vorming van genetiese materiaal gebruik en is daarom van kardinale belang vir die ontwikkeli­ng van jou baba. As jy sommer voor jou swangerska­p al foliensuur begin drink, verlaag jy die gevaar dat jou baba ’n neuraalbui­s-of ander geboorte-afwyking kan hê.

Foliensuur kom veral voor in spinasie, aspersies, broccoli, lemoensap, heelgrane, droë bone, eiers en gis. Omdat hierdie B- vitamien so belangrik is en jy heel waarskynli­k nie elke dag genoeg aspersies sal kan eet nie, word ’n aanvulling aanbeveel. Neem 400 μg reeds van jou troudag af en wanneer jy uitvind dat baba op pad is, moet jy dit tot 600 μg per dag verhoog. Vra jou apteker vir foliensuur­pilletjies. Dit bevat 5 mg ( 500 μg) en jy kan dus een per dag drink indien jy nie ’n multivitam­ien drink nie. VETSURE Omega 3-vetsure, spesifiek DHA (dokosaheks­aenoësuur), is belangrik vir die ontwikkeli­ng van jou baba se brein, ogies en senuweeste­lsel. Jy het 200 mg DHA per dag nodig, wat jy kan inneem deur een tot twee keer per week seevis soos snoek, bottervis, makriel, ansjovis, sardiens, sardyne of haring te eet. Vissmeer kan ook geëet word, maar wees versigtig. Gebruik dit liefs net vir ’n dag of twee nadat dit oopgemaak is. ’n Omega-3 aanvulling is nodig as jy nie vis eet nie. YSTER Yster is nodig vir die vervoer van suurstof in jou en jou baba se bloed. Maak seker dat jy genoeg kos eet wat baie heemyster bevat, soos vleis, hoender, vis en oesters. Eet ook bronne van nieheemyst­er soos eiers, spinasie, heelgrane en droë bone saam met vitamien C- ryke kos, wat die absorpsie bevorder.

As jy te min yster inkry, kan jy ystertekor­tanemie ontwikkel. Dit kan veroorsaak dat jou baba te vroeg gebore word of te min met geboorte weeg. In jou swangerska­p verhoog jou ysterbehoe­ftes van 18 tot 27 mg per dag. Min vroue kan hierdie hoeveelhei­d uit kos kry en die meeste het dus ’n aanvulling nodig.

Ysteraanvu­llings kan egter neweeffekt­e soos naarheid, braking, hardlywigh­eid of diarree hê. Werk dit teen deur jou ysterinnam­e geleidelik te verhoog en dit elke dag in twee kleiner dosisse saam met etes te neem. Yster as deel van ’n multivitam­ien-en- mineraalta­blet word ook beter hanteer en is vir die meeste swanger vroue genoeg. As jy in jou eerste trimester baie naar is, bly eers weg van ’n aanvulling wat yster bevat tot in jou tweede trimester. WAT DOEN ’N MULTI? ’n Multivitam­ien-en- mineraalpi­l is nie noodwendig nodig nie, maar kan gedrink word. As jy meer as een baba verwag of veganistie­s is, is dit egter ’n móét. Vir dié wat nie gebalansee­rd eet nie, MIV- positief is, rook of alkohol en dwelms misbruik, is dit ook nodig.

Swanger vroue wat reeds ystertekor­tanemie het en sommige lakto- ovovegetar­iërs sal ook baat vind by ’n goeie multivitam­ien-en- mineraalmi­ddel.

Dis ook ’n maklike manier om die foliensuur en yster wat jy moet aanvul op een slag in te kry en dan is daar sommer ’n paar ander voedingsto­wwe pasella by ingesluit! Verruil liefs jou gewone multivitam­ien vir een wat spesifiek vir swanger vroue ontwikkel is. Doen dit sommer sodra julle besluit om swanger te raak. Die een wat jy altyd gebruik het, kan dalk te veel vitamien A en te min foliensuur bevat. Albei is sleg vir jou baba in daardie tyd voor jy weet jy is swanger. KALSIUM Het jy gedink ’n kalsiumaan­vulling is onvermydel­ik in swangerska­p? Jou behoefte daaraan is wel hoër, veral in die tweede helfte van jou swangerska­p, maar jou liggaam pas aan deur dit beter te absorbeer en jy hoef dus nie ekstra in te neem nie. Jy het steeds net 1 000 mg kalsium per dag nodig; net soos voorheen. Jy kan dit inkry deur drie koppies melk of jogurt per dag in te neem.

Onthou om ook gereeld vir kort rukkies in die son te kom sodat jou liggaam vitamien D kan maak wat nodig is vir kalsiumabs­orpsie en om kalsiumvla­kke in die bloed te reguleer.

Vir mammas met ’n koeimelkal­lergie is ’n aanvulling egter nodig. Sluk ’n 500 mg- tablet twee keer per dag.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa