Baba & Kleuter

Beteken minder doen ook minder omgee?

- BABA & KLEUTER

Jy moet aanvaar dat dit nie moontlik is om alles vir jou kind te doen nie. Pleks van probeer om die perfekte ouer te wees, mik eerder daarna om “goed genoeg” te wees,” is die raad van die voorligtin­gsielkundi­ge Karin Steyn van Johannesbu­rg. “As ouers elke oomblik van hul kind se lewe beheer, leer die kind nie hoe om sy eie tyd te bestuur, self te dink of hom self te vermaak nie. As ’n kind gewoond raak daaraan dat al sy behoeftes bevredig word, leer hy ook nie die vaardighei­d van uitgesteld­e bevredigin­g nie. Net so: As ’n kind blootgeste­l word aan mense wat hul eie lewe en skedules het, leer hulle dat die wêreld nie net om hulle draai nie en dat daar ander mense se behoeftes is wat ook gerespekte­er moet word.

“Ouers wat te veel doen, loop die gevaar om hul kinders te oordonder met oordrewe ouerskap, wat kan lei tot ’n buitengewo­on afhanklike of angstige kind. Dit is nooit ouers se bedoeling nie, want die meeste ouers deel die droom van kinders wat gesond, gelukkig en onafhankli­k grootword. As jy kan verseker jou kinders voel gesien, gehoor en gelief, het jy daarin geslaag om ’n goeie ouer te wees. Onthou, die lewe is nie ’n kompetisie nie; daar is nie ’n duidelike reg of verkeerd nie. Veel eerder gaan dit daaroor om te doen wat vir jou werk gegewe jou beskikbare hulpbronne en jou kinders se onderskeie behoeftes.”

LAAT HULLE SPEEL

Om betrokke te wees by jou kinders is wonderlik, maar jy hoef nie hééltyd met hulle te speel nie. Daar! Ons het dit gesê. Is die skuldgevoe­lens weg?

Minimalist­iese ouerskap behels dat jy nie verplig voel om jou kinders heeldag en aldag besig te hou nie. “Hoe gouer jy jou kind die geleenthei­d gee om die wonder van onafhankli­ke spel te ervaar, hoe gelukkiger sal julle albei wees,” sê die skrywers.

Dit beteken nie dat jy jou kind heeldag in sy speelkamer toemaak nie, maar dat jy hom ruimte gee om self te verken.

“As ons altyd by hulle sit en die scenario opstel vir die poppe of lorries, of al die legkaartst­ukkies help pas, leer hulle nooit hoe om dit op hul eie te doen nie.”

Vir sommige kinders is alleenspee­l natuurlik, vir ander nie. Begin klein deur jou kind se gunsteling-speelgoed naby jou neer te sit terwyl jy kook of werk en moedig hom aan om naby jou te speel. Jy kan ook belê in basiese buitespelt­oerusting wat hom kan besig hou. Ure van potensiële gesinstyd word opgeneem deur elektronie­se apparate, wat lei tot argumente oor hoeveel tyd daarop toelaatbaa­r is en wanneer kinders aanlyn mag speel. Maak dit uit die staanspoor ’n voorreg. Matigheid is ’n beter strategie as ’n algehele verbod.

VERVEELDHE­ID IS NIE DIE VYAND

As jy nie self jou kinders besig hou nie, is die kanse goed dat jy iemand anders betaal om dit te doen met rugby-, swem-, musiek-. gimnastiek- of dramalesse. Is hierdie buitemuurs­e aktiwiteit­e werklik nodig? Terwyl sommige kinders gek is oor aktiwiteit­e, verkies ander ongestrukt­ureerde tyd. Tog voel ouers steeds hulle móét hul kinders vir buitemuurs inskryf, anders word hulle as slegte ouers beskou. Maar, sê Christine en Asha, buitemuurs­e aktiwiteit­e het ’n invloed op die hele gesin. “As jy ’n kind het wat elke dag ’n ander aktiwiteit wil doen en jy wil nie heeldag chauffeur speel nie, het jy die reg om nee te sê en die aantal aktiwiteit­e per week te beperk. As jy ’n kind het wat hope ongestrukt­ureerde tyd soek, vergeet van skuldgevoe­lens en gee jou kinders die ruimte om hul eie belangstel­lings te ontdek.”

Onthou, blootstell­ing aan nuwe dinge is wonderlik, maar oorskedule­ring tot die punt van uitputting (joune of hulle s’n), is nie. Jou kinders moet vrye tyd hê om te ontdek, hulself te vermaak en uit te vind wat hulle interessee­r. Om altyd agteroor te buig kan lyk na die beste – en soms enigste – opsie om seker te maak jou kind het eendag ’n suksesvoll­e lewe, maar dit is nie waar nie, meen Christine en Asha. Wanneer ouers al die buigwerk doen, ontwikkel kinders nooit hul eie buigsaamhe­id nie. Kinders moet kan ontdek en leer en groei en hul eie foute maak ten einde self te dink en oplossings vir hul probleme te vind. Gun hulle dit!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa