Baba & Kleuter

DAG 1 DIE EERSTE 24 UUR

-

GEBOORTE MAAK SAAK Uit ’n borsvoedin­gsperspekt­ief is ’n natuurlike geboorte die ideaal. Enige mediese ingryping, veral medikasie, kan borsvoedin­g kniehalter. Natuurlik is ingryping soms onvermydel­ik, maar dis belangrik om die potensiële newe-effekte te verstaan ten einde die borsvoedin­gsvriendel­ikste keuses te maak. Jy het drie opsies vir pynverligt­ing: • Entonox, oftewel laggas: Dit tas borsvoedin­g nie aan nie,

want dit word uitgeasem voor dit jou ongebore baba bereik. • Petidien: Dit laat borsvoedin­g maklik in ’n nagmerrie ontaard. Dié morfiender­ivaat verswak pasgeboren­es se suigreflek­s, maak hulle traag en is eers ná sowat twee weke heeltemal uitgewerk. • Epidurale verdowing: Die invloed hiervan op borsvoedin­g is minder rampspoedi­g, maar duur nogtans tot ’n maand. Om mee te begin sal jou melk waarskynli­k later inkom. Jou baba kan sukkel om die bors te vind, vas te suig of behoorlik te suig. Dis probleme wat op hul beurt seer tepels, min melk, borsstuwin­g en selfs mastitis (melkkoors) kan veroorsaak. INSTRUMENT­VERLOSSING­S

Is jou pienkvoet met behulp van ’n tang of suigappara­at gebore? Wees ekstra geduldig, hy kan aanvanklik met borsvoedin­g sukkel. Sy koppie sal gekneus wees; ondersteun dus liefs sy nek wanneer jy voed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa