Baba & Kleuter

SO HET ONS DIT BELEEF

-

ESTI JOUBERT (29) VAN PORT ELIZABETH

Met die geboorte van ons babadogter­tjie, Leah Elizabeth (1 maand), het ek en my man, Paul, nie regtig geweet wat “normaal” is nie en ook nie wat om te verwag as dit by vuil doeke kom nie. Ons het net geweet dat ons gereed moes wees met ’n goeie voorraad doeke in die kas!

Asof haar geboorte nie genoeg opwinding vir die dag was nie, het haar magie sommer onmiddelli­k gewerk nadat die dokter haar vir my gegee het. Haar eerste vuil doek het ’n swart, taaierige voorkoms gehad. Dit was egter baie min en ’n mens kon dit nie eens ruik nie.

Die hospitaalp­ersoneel het verduideli­k dat namate my borsmelk die volgende paar dae sou verander, die kleur en voorkoms van haar stoelgang ook sou verander.

Die kleur het inderdaad geleidelik ligter geword en is nou mosterdgee­l. Ek het ook agtergekom dat wanneer ek avokado of ’n groen groente eet, die kleur meer groen as geel is. Anders as wat ons verwag het, ruik haar doeke glad nie sleg nie – blykbaar een van die vele voordele van borsvoedin­g.

Ons het gou agtergekom dat ons deur baie doeke ’n dag gaan – soms selfs 12 per dag. Ons moet meermale haar doek voor en ná ’n voeding ruil. Familieled­e en vriendinne het al genoem dat hul baba slegs een vuil doek per dag gehad het en dus was ons baie onseker of so baie doeke normaal is. Ons het egter die geregistre­erde verpleegst­er en vroedvrou wat vir ons voorgeboor­teklasse gegee het, gekontak, en sy het ons gerusgeste­l dat dit heeltemal normaal is. Ook met haar opvolgafsp­raak by die pediater op twee weke het hy benadruk dat elke baba verskil!

Ek het gou geleer dat dit nie nodig is om angstig te raak oor die klein dingetjies nie en dat elke baba uniek is.

LUCINDA LOURENS (29) VAN PRETORIA

My twee kinders, Liam (2) en Sophia (1 maand) se doeke het snaaks genoeg baie dieselfde gelyk. Die swart meko nium in die begin was wel iets om aan gewoond te raak! Maar binne drie tot vier dae het dit verander na ’n mosterdgee­lkleurige doek met wat soos klein saadjies gelyk het daarin.

Liam, my oudste, se stoelgange het stelselmat­ig verander van geel doeke na ’n sagte, bruin stoelgang toe ons met vaste kosse begin het op die ouderdom van ses maande.

Party stoelgange was die kleur van die kos wat hy geëet het, soos wortels, beet of spinasie.

Sophia, my pasgeboren­e, het drie dae ná haar geboorte met ’n vyf- dag-kursus antibiotik­a begin. Dít het haar magie lekker omgekrap en sy het effense groen doeke gekry. Dit het gelukkig vinnig na normaal toe teruggekee­r nadat ek haar ’n hoë dosis probiotika gegee het.

 ??  ?? Lucinda, Liam, Sophia en Pieter Lourens
Lucinda, Liam, Sophia en Pieter Lourens
 ??  ?? Esti en Leah Joubert
Esti en Leah Joubert

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa