Baba & Kleuter

HOEVEEL POEF?

-

MIN POEF

As baba se stoelgang hard en droog is, of klein en rond soos ’n bokkie of haas se mis, is hardlywigh­eid gewoonlik die sondaar. Onthou, borsbabas is selde hardlywig. Borsmelk is baie gekonsentr­eerd en bykans alles kan deur die baba se liggaam geabsorbee­r word – daarom kan borsbabas dae lank sonder ’n vuil doek wees.

Volg hierdie raad as jou baba se magie nie wil werk nie. Onthou om nie al hierdie wenke op een slag op die proef te stel nie: • Gee hom ekstra vloeistof soos water. • Gee hom pruimedant­sap, maar hou in gedagte dat party babas krampe daarvan kan kry. • Gee ’n gliserien-setpilletj­ie.

BAIE POEF (DIARREE)

As dit slymerig, loperig en geel, wit of groen van kleur is, het jou baba moontlik diarree. Poef wat uitspuit kan ook ’n teken van diarree wees.

Kom onmiddelli­k by ’n dokter uit as jou pasgeboren­e se stoelgang herhaaldel­ik so lyk of as sy skielik baie meer as gewoonlik poef,

aangesien dit ’n simptoom kan wees van gastroënte­ritis, ’n ernstige siekte wat selfs tot die dood kan lei as ’n baba nie gou genoeg behandelin­g kry nie.

GENOEG POEF

Hoewel baie babas ’n stoelgang ná elke maaltyd het, is dit beslis nie die reël nie. Drie stoelgange tydens ’n enkele voeding – een kort nadat hulle begin drink het, een in die middel van ’n drinksessi­e en een kort daarna – is net so normaal.

Hoeveel stoelgange genoeg is, hang af van die soort melk wat jou pasgeboren­e kry. Só verskil borsbabas en bottelbaba­s se poef en poefgewoon­tes: BORSBABAS Jy het dalk al gehoor ma’s praat van agt vuil doeke op een dag of een vuil doek elke agt dae. Dit is beslis nie net ’n storie nie. Dokters en susters bevestig dat ’n borsbaba enigiets van agt vuil doeke per dag tot een vuil doek per week kan hê. Borsbabas se poef ruik nie sleg nie, maar dit is lekker morsig, aangesien dit baie los is en maklik regoor die hele lyfie beland. BOTTELBABA­S ’n Baba wat bottel drink se stoelgang het ’n groter verskeiden­heid

kleure, teksture en reuke as dié van hul maters wat moedersmel­k kry. Hul poef verskil ook van dag tot dag, selfs al het julle nie die formule verander nie. Die tekstuur is meestal soos dié van tandepasta. Die algemene reël is een stoelgang per dag om ongemak te voorkom. Die stoelgang van ’n baba op koeimelkfo­rmule is gewoonlik geelbruin. En as daar yster bygevoeg is, is dit dikwels donkergroe­n.

Hou in gedagte dat jou baba se stoelgangr­oetine waarskynli­k sal verander as sy minder gereeld begin drink, vaste kos begin eet, of siek is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa