Baba & Kleuter

SLAAP EN JOU PASGEBOREN­E

-

WAT OM TE VERWAG

Jou pasgebore baba het ’n ongeloofli­ke hoeveelhei­d slaap nodig. In die eerste twee weke van sy lewe sal hy waarskynli­k lang rukke aanmekaar slaap voor hy wakker word om te voed. Jy sal hom dalk selfs wakker moet maak om te drink, en die uitdaging sal minder wees hoe om hom langer te laat slaap as hoe om hom wakker genoeg te kry om goed te drink!

Pasgebore babas het hul slaap nodig en kan realisties gesproke net 45 minute op ’n slag wakker bly. Jy kan verwag dat jou pasgeboren­e snags net so dikwels wakker sal word vir ’n voeding as gedurende die dag.

HANTERINGS­PROBLEME

DAG-NAG-OMRUILING As jou pasgeboren­e in die nag dikwels wakker word en huil en bedags meer slaap, is dit moontlik dat hy dag en nag verwar. Hanteer dit deur jou baba aan te moedig om bedags meer dikwels te voed en die tye tussen nagvoeding­s uit te rek. Maak hom bedags ten minste elke drie tot vier uur vir ’n voeding wakker. As hy genoeg gewig aansit, gesond is en jy nie oor sy groei bekommerd is nie, kan jy hom snags los om jou wakker te maak.

Binne ’n paar weke behoort jou baba dan in die loop van die dag gereeld vir sy voedings wakker te word en snags vir minstens een skof langer te slaap.

BLITSSLAPI­ES As jou baba ná net 15 minute wakker word, beteken dit hy word wakker voor hy diep begin slaap. Wanneer babas van ligter na dieper slaapfases beweeg, trek hul spiertjies skielik saam. Dit gebeur met volwassene­s ook, maar die meeste volwassene­s slaap daardeur. Dit kan jou baba egter wakker maak. Keer so dat jou aapstert ontwaak: • Draai hom knus in ’n kokon toe om die rukbewegin­g te keer. So sal hy nie sy arms uitstrek en daarvan wakker word nie. • Witgeraas sal hom help om dieper

te slaap. • ’n Swaarder babaslaaps­ak sorg vir diep druk, wat jou baba kan help om ’n bietjie dieper te slaap. • Hou jou hand op jou baba tot die skrikrefle­ks gekom en gegaan het en hy dieper slaap.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa