Baba & Kleuter

HY GRIL VIR GRAS, SAND

-

My seuntjie is ses maande oud en hou niks daarvan om tyd op die gras of in sand deur te bring nie. Ek probeer kort-kort, maar hy raak net nie gewoond daaraan nie. Moet ek bekommerd wees en hoe kan ek hom aanmoedig om verskillen­de teksture te beproef?

LIZANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Sommige babatjies is bedraad met ’n laer drumpel vir sensoriese insette, en in jou babatjie se geval spesifiek wanneer dit kom by tasinsette. Dit beteken dat dit hulle soms dalk langer sal kos om aan nuwe teksture gewoond te raak en dat hulle nie net sommer op gras sal loop en in sand sal speel nie.

Dit beteken beslis nie dat daar ’n probleem is nie. Dit dui net op ’n temperamen­t-styl wat uniek en spesifiek is en wat gekoester en met respek behandel moet word. Wanneer jy vind dat jou babatjie so optree, is die geheim geleidelik­e, gereelde en geduldige blootstell­ing.

Geleidelik. Ek hou baie daarvan dat jy jou baba aanmoedig en kort-kort probeer. Maak seker jy dwing hom nie om aan iets te vat waarmee hy duidelik ongemaklik is nie. As hy oorweldig voel en huil, is die beste plan om hom op te tel en ’n ander dag weer te probeer. Kinders verwerk nie nuwe ervarings as hulle angstig is of oorweldig voel nie. Bring hom eers tot bedaring en dan kan jy weer probeer.

Wat soms goed werk, is om die tasaktiwit­eite met ’n bewegingsp­eletjie te kombineer. As hy daarvan hou om by ’n glyplank af te gly, kan jy seker maak sy voete raak aan die sand of gras wanneer hy onder kom voor jy hom optel om weer te gaan gly. Jy kan hom ook styf teen jou bors vashou en laggend op die gras of in die sand rol.

Gereeld. Stel hom gereeld bloot aan verskillen­de teksture. Dis veral belangrik in die moderne wêreld waar die meeste speelgoed van plastiek gemaak is en ons nie altyd in aanraking kom met ’n verskeiden­heid teksture nie. Wees doelbewus oor die tyd van die dag en die omgewing waarin jy hom blootstel. Wanneer jou babatjie moeg of honger is, sal daardie basiese behoeftes voorrang geniet en sal die nuwe ervaring nie noodwendig positief verwerk kan word nie.

Dis ook belangrik dat hy nie oorweldig word deur ’n besige omgewing, soos kinders wat om hom raas en skree nie. Hou ook jou eie stemtoon, gesigsuitd­rukking en bewegings ontspanne sodat wanneer hy na jou kyk in ’n poging om sin te maak van hierdie nuwe vreemde tekstuur, hy nie oorweldig word deur jou nie-verbale of verbale gedrag nie.

Geduld. Wees geduldig. As jy aanhou om geleidelik en gereeld te probeer, sal jou baba mettertyd gewoond raak aan die tekstuur en dit selfs begin geniet.

As jy vind dat jou baba ondanks dié strategieë steeds nie daaraan gewoond raak nie, is dit ’n goeie plan om by ’n arbeidster­apeut aan te klop.

Gaan kyk gerus na my Pinterest-bord, Lizanne du Plessis Intentiona­l Parenting – daar is baie idees oor sensoriese aktiwiteit­e vir babas, peuters en kleuters.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa