Baba & Kleuter

WAT IS DIÉ BLOU K L?

-

My seuntjie het reeds van geboorte af ’n blou kol net bo sy stuitjie. Hy is nou amper twee en die kol sit steeds daar. Die dokter sê dis normaal. Wat is dit en wanneer sal dit weggaan?

DR. H.P. VAN DER MERWE ANT

WOORD: Blougrys, plat, gepigmente­erde vlekke word taamlik dikwels op die onderrug en boudjies van gesonde, normale pasgeboren­es gesien. Ouers is aan die begin soms bekommerd dat dit op ’n kneusingbe­sering dui wat tydens geboorte opgedoen is. Dié kolle dui egter meestal op kongenital­e (aangebore) dermale melanosito­se en staan in die volksmond sommer as mongolevle­kke bekend.

Dit onstaan as gevolg van die konsentras­ie en vasvanging van pigmentsel­le in ’n deel van die vel tydens ’n normale proses waarin pigmentsel­le na die boonste laag van die vel beweeg.

Die vlekke of kolle is gewoonlik reeds met geboorte teenwoordi­g, maar dit kan ook in die eerste week of twee ná die geboorte te voorskyn kom. Die algemeenst­e dele waar dit voorkom, is op die onderrug en boudjies, maar dit kan ook op die romp en ledemate wees. Die vlekke word nie met enige onderligge­nde siekte verbind nie en daar is nie ’n gevaar dat dit in kanker sal ontaard nie.

Uit ’n onlangse studie in Amerika het dit geblyk dat sowat 14 persent van babas met mongolevle­kke gebore word. Dit kom meestal in die Ooste voor. Die vlekke verdwyn gewoonlik met tyd en teen vier jaar oud is die meeste weg. Sommiges kan egter eers in die tienerjare verdwyn en enkeles verdwyn nooit.

Vlekke op veral die onderrug en boudjies verdwyn gewoonlik binne die eerste paar jaar, maar dit kan langer duur voor vlekke groter as 10 cm, vlekke op ander plekke, veelvuldig­e vlekke en baie donker vlekke weggaan.

Dit is wel belangrik om ’n dokter se mening in te win en nie self velletsels te diagnoseer nie. ’n Velletsel wat opgehewe is, kleurveran­dering ondergaan, later in die leeftyd ontstaan en nie die tipiese blougrys kleur het nie, is nie ’n mongolevle­k nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa