Baba & Kleuter

AGGRESSIEW­E KIND

-

My vyfjarige seuntjie is vreeslik aggressief teenoor sy boetie en eintlik al ons gesinslede. Ek is bang daar is iets fout waarvan ek nie weet nie, dalk iets wat by die skool gebeur het. Wat kan ek doen om die aggressie stop te sit?

MADELEIN KOEN ANTWOORD: Aggressie is een van die eerste reaksies wat ’n baba aanleer om uiting aan sy frustrasie te gee. Slaan, stoot, gryp en byt kom algemeen onder babas en kinders voor wanneer hulle nog nie op ’n gepaste manier woordeliks­e uiting aan hul gevoelens kan gee nie.

Kinders beskik nie altyd oor die vermoë om konflik op ’n sosiaal aanvaarbar­e wyse te hanteer nie. Hy kan moontlik worstel met ’n stresvolle lewensgebe­urtenis of emosionele regulering­sprobleme. Genetiese faktore kan ook ’n rol speel. Dis baie belangrik om die oorsaak van die aggressie te bepaal en te hanteer.

Ouers kan die volgende strategieë volg om aggressiew­e kinders te ondersteun:

1 STEL FERM GRENSE. Kinders moet weet watter gedrag is toelaatbaa­r en wat nie. ’n Kind wat skop, byt of slaan moet dadelik aangespree­k word. 2 WEES KONSEKWENT. ’n Ouer kan nie een dag negatiewe gedrag ignoreer en ’n volgende dag op die kind skree nie. 3 ALTERNATIE­WE GEDRAG. Moedig jou kind aan om woorde te gebruik eerder as fisieke, aggressiew­e gebare. Stel ook ’n positiewe voorbeeld in die manier waarop jy as ouer aggressie hanteer.

4 MOENIE “TAAIHEID” AANMOEDIG NIE. In sommige gesinne word aggressie aangemoedi­g, veral by seuns. Dit kan ’n gevoel by die kind skep dat hy moet skop en slaan om goedkeurin­g te kry.

5 KOMMUNIKEE­R MET ROLSPELERS. Bepaal so of jou kind by die skool of elders ook aggressief optree. 6 FOKUS OP DIE HANDHAWING VAN ’N POSITIEWE

VERHOUDING. Wanneer ouers slegs op negatiewe gedrag fokus, kan dit kinders meer opposision­eel laat optree. Probeer dus steeds fokus op jou kind se positiewe eienskappe en prys hom vir goeie gedrag.

As sy aggressie steeds nie verbeter nie, is dit wys om profession­ele hulp in te roep. Indien die oorsaak van die probleem nie betyds vasgestel word nie, kan ’n kind in ’n skadelike patroon van negatiewe gedrag verval. Vir kinders so jonk as vyf kan ’n speltareut help om hom te leer om sy emosies gepas uit te druk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa