Baba & Kleuter

HUMOR VAN VROEG TOT SAANS

-

• Laat jou kind sien dat jy vir jouself kan lag en dat daar goediglik met ’n geliefde gespot kan word. • Maak tyd om verspot te raak met jou kleinding, al is die grappies vir jou taamlik vervelig. • Prys sy pogings om snaaks te wees en moet dit nie afkraak nie. As jou kind hom inspan om jou of ander te laat lag, moet jy dit aanmoedig – dis eintlik baie mooi van hom. • Kinders is lief vir snaakse stories,

boeke, prente en rympies. Dis nood

saaklik vir hul ontwikkeli­ng. • Dis moeilik vir ’n kind om in ’n spanningsi­tuasie ’n humorsin te ontwikkel. Hou jou huis dus vrolik en vol liefde. • Prettye skep herinnerin­ge. Maak grappies, bak poetse, kyk saam na snaakse flieks. • Moenie te geskok wees deur kleuters

se toilethumo­r nie. Dis maar ’n fase. • Leer jou kind om nooit grappies ten koste van ander te maak nie. Terg, spot en ander afkraak is nie humor nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa