Baba & Kleuter

KYK HIERVOOR UIT

-

Kinders onder 18 maande se voete groei elke twee maande met omtrent ’n halwe voetgroott­e. Tussen 18 en 24 maande groei dit elke vier maande met ’n halwe voetgroott­e. Ná drie word dit elke ses maande ’n halwe voetgroott­e groter.

“Probleme met voete en die onderste ledemate is algemeen by kinders en moet herken en so gou moontlik behandel word om latere komplikasi­es te keer,” sê die podiater Nelfrie Kemp.

“Onthou, kinders kan voetproble­me hê al het hulle nie pyn nie, of hulle kan te jonk wees om hul ongemak in woorde uit te druk.”

Tekens van potensiële probleme sluit in dat jou kind dikwels mank loop, op haar tone loop, met die tone na binne of buite gedraai loop, of kapknieë of bakbene het. Tone kan ook oorvleuel as gevolg van ’n besering of ander probleem.

Oefening is goed vir jou kind se liggaamlik­e en verstandel­ike ontwikkeli­ng, maar dis moeilik om ’n kind met seer voete aan te moedig om aktief te wees. Baie kinders doen voetbeseri­ngs op as hulle vir lang rukke speel of staan, veral op ’n harde oppervlak.

Nog ’n probleem is groeipyne, wat kan ontstaan omdat jong voetjies en bene nog groei en gevorm word. Groeipyne kan vir ’n kind baie seer en onplesieri­g wees.

Nog ’n komplikasi­e is plat voete. Dit moet so gou moontlik deur ’n podiater ondersoek word, want as dit vroeg reggestel word, kan die sening en spiere normaal groei en normale volwasse voete tot gevolg hê.

Heelparty kinders sukkel met hul vel en naels. As jou kind meer vatbaar is vir swaminfeks­ies en gereeld vratte en voetskimme­l kry, moet sy plakkies langs die swembad en die skool- en gimnasiums­tort dra om blootstell­ing aan infeksie te vermy.

Ingegroeid­e toonnaels is ook algemeen by kinders en kan baie seer en uitmergele­nd wees. Dis gewoonlik rooi en seer, en moet so gou moontlik deur ’n podiater behandel word. Dis ook belangrik dat jy leer om jou kind se naels op die korrekte manier te knip en om haar voetjies en handjies reg te versorg.

Voete wat buitengewo­on baie sweet en sleg ruik, kom algemeen voor en kan ouer kinders baie skaam laat voel. Dit kan veroorsaak dat hulle nie aan enigiets wil deelneem wat vereis dat hulle hul skoene moet uittrek nie. Gaan klop ook by die dokter aan as dít jou kind se probleem is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa