Baba & Kleuter

HOEND-ER-EN-GROENTE-KOESKOES

-

• 2 e (30 ml) olyfolie • 2 preie, fyngekap • 1 hoenderbor­sie sonder vel, in blokkies

gesny • 1½ k (375 ml) hoenderaft­reksel (kies een

met min natrium) • 2 wortels, in blokkies gesny • ½ k (125ml) broccoli, in stukkies gesny • 1 k (250 ml) koeskoes

GAAN SO TE WERK

1. Verhit die olie in ’n pan en braai die preie tot sag. Voeg die hoender by en braai nog sowat 5 minute tot gaar. 2. Voeg die aftreksel, wortel en broccoli by en posjeer sowat 10 minute tot sag. Dreineer die vloeistof en hou eenkant. 3. Plaas die koeskoes in ’n vuurvaste bak, giet die gedreineer­de vloeistof oor, bedek en laat 10 minute staan. 4. Krap die koeskoes met ’n vurk los en roer

die hoender-en-groente-mengsel by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa