Baba & Kleuter

10 beste stimulasie-speelgoed

’n Speelding is nie net prettig nie, dit help ontwikkeli­ng ook aan. ’n Kenner deel haar keuse van speelgoed vir kleingoed.

- BABA & KLEUTER

1TEKSTUURB­OEKE

Boeke met interaktie­we elemente soos verskillen­de teksture en venstertji­es bied stimulasie vir ogies en vingers. Die band tussen julle versterk as julle saam ’n interaktie­we storie lees en jou baba se aandag word behou, sê die Britse spel- en masseerter­apeut Emma Sodeke.

2BOUBLOKKI­ES

Jou kleinding leer van oorsaak en gevolg as jy haar help om ’n toring van blokkies te bou en haar dan toelaat om dit plat te slaan, sê Emma. “Dis wanneer sy begin besef dat sy die mag het om haar omgewing te verander. Blokkies wat inmekaar pas ontwikkel weer fyn motoriese vaardighed­e.”

3SPEELTELE­FONE

Babas is versot op katoeters, veral dié met knoppies en goed wat ’n geraas kan maak of wat liggies het wat flits. Speelgoed wat volwasse toerusting soos telefone en skootreken­aars naboots is ook gewild, sê Emma. “Dit moedig rolspel aan, ontwikkel verbeeldin­g en leer jou kind meer oor kleure, getalle en woorde.”

4POPPE EN TEDDIEBERE

Poppe en teddiebere kan jou baba leer hoe om koesterend op te tree, te vertroos en sagkens te speel, sê Emma. Wys jou peuter hoe om die pop te sus en te koester en sy sal jou naboots.” Dit is ook uitstekend vir seuns en leer jou kind empatie.

5KRYTE

As jou kind ’n lekker dik kryt vashou – selfs al krabbel sy net daarmee – ontwikkel haar knypgreep. Dis ’n fyn motoriese vaardighei­d wat haar duim en wysvinger betrek en uiteindeli­k help met voeding sowel as potloodvaa­rdighede.

6STOOTSPEE­LGOED

Jou baba sal heerlik onafhankli­k voel as sy ’n speelding kan rondstoot wat haar kan help loop, sê Emma. Kies een met ’n stewige basis wat haar kan help om haar in ’n staande posisie op te trek en haar beenspiere kan versterk.

7SIT- EN-RYKARRETJI­ES

As jou baba haar self vorentoe dryf op ’n sit- en-ryspeeldin­g soos ’n plastiek-motorfiets­ie, ontwikkel sy haar been- en kernspiere. Dit help haar ook om haar balans- en groot motoriese vaardighed­e te verbeter.

’n Pop of teddiebeer leer jou kind – seuntjies ook – koesterend­e gedrag en om empatie te voel en te wys.

8VORMSORTE­ERDER

Vormsortee­rders is uitstekend vir die verbeterin­g van probleemop­lossings- en fyn motoriese vaardighed­e aangesien sy die verskillen­de vorms moet optel en dan moet uitwerk watter een sy deur watter gaatjie moet druk.

9TEESTEL

“’n Teestel moedig jou baba aan om haar verbeeldin­g met speel- speel- speletjies in te span,” sê Emma. “As sy boonop saam met maatjies ’n ‘teeparty’ hou, verbeter dit ook haar sosialiser­ingsvaardi­ghede.”

10SPEELMAT

’n Speelmat bied die ideale geleenthei­d vir magietyd, wat help om jou baba se nek- en armspiere te versterk, sê Emma.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa