Baba & Kleuter

Kom ons gaan op ’n uitstappie

Is jy gereed om die huis met jou nuwe baba te verlaat? Volg ons wenke om jul eerste uitstappie suksesvol te maak.

-

WANNEER?

Jou baba is gewoonlik teen twee weke oud gereed vir ’n eerste uitstappie, mits jý daarvoor reg is! Daar is nie ’n reël of wetenskap wat bepaal wanneer hierdie uitstappie moet plaasvind nie. Dit is bloot ’n vraag van gesonde verstand, want teen hierdie tyd het jy en jou nuwe baba al aan mekaar gewoond geraak en ’n effense roetine gevestig.

SLIM WENK Hou die eerste uitstappie kort. Moet beslis nie ure se inkopies aandurf nie!

WAT JY MOET WEET

Moenie haastig wees nie. Dit gaan jou veel langer kos om by ’n plek uit te kom as voorheen. Gun jou dus minstens twee keer soveel reistyd as in die ou dae toe jy net ’n sleutel en handsak kon gryp. Ervare ma’s se raad is dat jy die eerste uitstappie so kort moontlik hou.

Voed baba kort voor julle vertrek. Jy gaan haar waarskynli­k tydens die uitstappie ook moet voed, maar deur haar melk te gee net voor julle loop, keer jy dat sy in die motor of met jul aankoms honger is. Doen dieselfde voor julle terugkom – voed haar by die plek. ’n Skreeuende baba in die motor is baie spannend!

WAARHEEN?

Kies ’n veilige, bekende plek wat kindervrie­ndelik is. As jy borsvoed is dit belangrik om ’n plek te kies waar jy dit in vrede kan doen. Dink aan die soort stoele wat daar is. Is dit gemaklik? Vra jou ook die volgende af: • IS DIE PLEK BEKNOP? ’n Enorme babastootw­aentjie wat tussen klein tafels met glaskoekst­aanders op deurgestuu­r moet word, plaas onnodige spanning op ’n nuwe ma. Is dit ’n plek waarvan jy baie hou en waar jy gemaklik voel? Indien wel, is die kans goed dat jou baba ook daarvan gaan hou. • ENIGE RESTAURANT OF KOFFIEWINK­EL IN DIE NATUUR IS ’N GOEIE PLEK. As die weer dit toelaat is jou beste keuse ’n opelug-plek waar baba dalk onder ’n boom in sy waentjie kan lê.

Die volgende plekke moet jy op jul eerste uitstappie liefs vermy: • BEDRYWIGE WINKELSENT­RUMS Die skerp ligte en min vars lug is nie goed vir jou baba nie. Daar is ook altyd mense wat aan jou baba wil vat. Hoewel dit meestal goed bedoel word, is dit nie gewens dat jou baba aan almal se kieme blootgeste­l word nie. • SKOLE Moenie met jou baba gaan spog by ’n skool of dagsorgsen­trum nie. Verkouekie­me en ander nare virusse floreer op sulke plekke en dis onnodig dat jou baba nou al daarteen moet veg. • NIE- KINDERVRIE­NDELIKE RESTAURANT­E Die klante van ’n deftige vyfster-restaurant gaan waarskynli­k nie glimlag as jou baba begin kerm nie.

’N HELPENDE HAND

Selfs al is jy ’n baie onafhankli­ke mens, moet jy dit tog oorweeg om jul eerste uitstappie nie ’n solovlug te maak nie.

Dinge sal baie gladder verloop as daar iemand by jou is wat kan help met alles wat saamgedra moet word.

Baie dokters beveel ook aan dat vroue wat ’n keisersnee gehad het, eers ná ses weke motor bestuur. Vra dus jou vriendin of ma om jou te neem.

En onthou om jou dokter se toestemmin­g te kry voor jy dit weer agter die stuur inwaag!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa