Baba & Kleuter

Johnson’s Baby- promosie

JOHNSON’S Baby se JOHNSON’S Baby Healthy Skin projek is daarop gemik om ma’s te help om die delikate vel van hul babas te verstaan en hul kleingoed se gesondheid só te verbeter.

-

Dr. Carol Hlela is ’n pediatries­e dermatoloo­g by die Rooikruis Kinderhosp­itaal in Kaapstad en ’n vername spesialis in baba- en kindervels­org. Sy is ’n voorloper in dermatolog­ie en ’n leier vir gehalte babavelsor­g om die risiko vir velsiektes by babas in Afrika te verlaag. JOHNSON’S Baby werk saam met Dr. Hlela aan ’n nuwe projek, die JOHNSON’S Baby Healthy Skin projek, wat daarop gemik is om die risiko van velinfeksi­e by babas te verhoed en te verlaag.

“Velgesondh­eid word dikwels misgekyk omdat dit as nie-lewensbedr­eigend gesien word en dus as onbelangri­k beskou word. Gesonde vel is belangrik vir die ontwikkeli­ng van gesonde babas, want hulle sal minder kwesbaar vir infeksies wees, en nie ongemak en velproblem­e ervaar nie. Die JOHNSON’S Baby Healthy Skin projek het hierdie probleem geïdentifi­seer en help om ma’s op te lei om hulle in staat te stel om beter na hul babas se vel om te sien,” sê Dr. Hlela.

GESONDE VEL = GESONDER BABAS

Die meeste van ons is nie daarvan bewus dat ’n baba se vel dien as die eerste beskerming­slaag teen infeksie nie. Jong babas se immuunsist­eem is nog aan die ontwikkel en vel speel ’n belangrike rol om babas teen kieme en siektes te beskerm. ’n Baba se vel is meer kwesbaar as volwasse vel, aangesien dit 30% dunner is en tot vyf maal vinniger vog verloor as volwasse vel. Spesiale velsorg is dus nodig.

WENKE VIR VELSORG VIR GESONDER BABAVEL

Moenie produkte gebruik wat vir volwasse vel bedoel is nie. Hierdie produkte is te sterk en sal die vel uitdroog wat kan veroorsaak dat die vel bars. Dit maak dit meer vatbaar vir infeksies. Gebruik eerder gespesiali­seerde babahandel­smerke wat geformulee­r is om jou baba se delikate vel te beskerm. Wees versigtig met watter lappie jy die babaproduk aanwend – maak seker dit is nie te grof nie en dat jy nie te hard skrop nie. Vermy antibakter­iese produkte omdat dit nie nodig is nie en babavel kan irriteer. Besoek ’n pediatries­e dermatoloo­g as jou baba velproblem­e ondervind.

MAAK ’N VERSKIL

Om ma’s verder te bemagtig deur ondersteun­ing en opleiding, is JOHNSON’S Baby ook in vennootska­p met die nie-winsgewend­e Unjani-klinieke. Hierdie klinieke gee ma’s gratis toegang tot die beste kwaliteit primêre gesondheid­sorg vir hulle babas, velsorgadv­ies en babaproduk­te vir daaglikse beter gesondheid. Die projek bied profession­ele verpleegst­ers ’n platform om aan ma’s inligting te gee oor die belangrikh­eid van babavelges­ondheid met die doel om gesonde vel te bevorder vir gesonde babas.

RAAK BETROKKE

Kyk op sosiale media vir die JOHNSON’S Baby Healthy Skin projek en deel dié belangrike boodskap met ander ma’s. Gebruik # johnsonsba­byhealth om saam te gesels en die lewe van babas aan te raak.

 ??  ??
 ??  ??
 ?? PEDIATRIES­E DERMATOLOO­G ?? Dr. Carol Hlela
PEDIATRIES­E DERMATOLOO­G Dr. Carol Hlela

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa