Baba & Kleuter

Hoe baba jou help kraam

Met jou baba se geboorte werk hy net so hard soos jy. Kyk net watter bewegings voer die klein gimnas uit!

- BABA & KLEUTER DEUR LIBBIE JOUBERT

Wanneer jou baba sy reis na die buitewêrel­d aanpak, voer hy ’n reeks bewegings met sy kop, skouers en liggaam uit om deur die bekken te kan pas. Hierdie bewegings, bygestaan deur die veranderin­ge wat in jou liggaam plaasvind namate die geboorte nader kom, sorg dat jou baba se reis deur die geboorteka­naal veilig en maklik verloop.

In meeste gevalle sak jou baba voor jy begin kraam al in jou bekken in, maar soms gebeur dit eers wanneer die bevalling reeds begin het.

Met die aanvang van kraam begin jou baba dan in jou bekken afbeweeg, en in die eerste en tweede fase van die kraamprose­s daal hy ál laer. Terselfder­tyd voer die bedrywige mensie ook allerlei bewegings uit om die geboorte gladder te laat verloop.

KYK AF, KYK AF

Hoe verder sy koppie afsak, hoe meer weerstand bied die bekken. Dit dwing jou baba om sy ken tot op sy bors in te trek sodat die kleinste deel van die kop kan begin om deur te beweeg en die weg vir die res van die lyfie te baan.

Hierdie proses begin wanneer jou baba se kop vir die eerste keer in die bekken indaal en duur voort tot die kop jou bekkenvloe­r bereik.

Jou baba se kop kan ook van vorm verander sodat dit makliker deur die uitdagende­r dele van die bekken kan gly. Dit help jou bevalling heelwat aan, veral wanneer die kop deur die geboorteka­naal moet beweeg.

Dit is moontlik omdat jou baba se skedelbene lossies met membrane verbind is sodat daar oop plekkies tussen die skedelbeen­rande is. As jou bekken dan druk op jou baba se kop uitoefen, kan die bene op die plekkies waar daar membrane is, nader aan mekaar skuif. Soms kan die bene selfs oormekaar glip om die kopoppervl­ak verder te verklein.

TYD VIR DRAAI, MERAAI

Wanneer jou baba jou bekken binnegaan, is jou bekken van kant tot kant op sy grootste. Wanneer hy uit jou bekken moet kom, is die grootste ruimte van voor tot agter. Namate jou baba ondertoe gly, begin sy koppie na een kant beweeg sodat hy die langwerpig­e omtrek van sy kop met die langwerpig­e omtrek van jou bekken kan laat ooreenstem.

Hoewel dit maklik klink, verg dit nogal inspanning en die posisie wat jy inneem, kan dié proses vir jou baba makliker maak.

LIG OP DIE KOP

Wanneer jou baba nader aan die uitgang van jou bekken en vagina kom, begin hy sy ken van sy bors af lig sodat die grootste deel van sy kop in ’n geboortepo­sisie kan kom. In hierdie stadium is die baba baie ver onder in die bekken en die agterkant van sy koppie kan deur die vagina gesien word. Namate jy aanhou druk, verleng sy kop gaandeweg die bekkenvloe­r en hou dit op gly. Dit staan as kruining of kruinversk­yning bekend.

Kort hierna gaan jou baba se kop heeltemal gebore wees. Sy kop draai dan weer na die posisie wat dit aanvanklik in jou bekken gehad het sodat sy skouers in een lyn met sy kop kan kom.

SKOUER AAN SKOUER

As die koppie eers gebore is, moet die baba sy skouers eers een op ’n slag in lyn met sy kop kry. Die boonste skouer word eerste geposision­eer en daarna die onderskoue­r.

SWEM-SWEM DIE WÊRELD IN

Wanneer die skouers gebore is, volg die res van die liggaam en die bene. Die hele bevalling lank wikkel jou baba sy kop van kant tot kant en maak klein skopbewegi­nkies met sy bene om hom vorentoe te dwing. Dis albei refleksbew­egings en help om jou baba op sy lewe buite die baarmoeder voor te berei.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa