Baba & Kleuter

Versorg baba se stompie

Wanneer val jou baba se naelstring-stompie af en hoe behandel jy dit tot dan?

- DEUR LIBBIE JOUBERT

WAT GEBEUR?

Die plasenta voorsien jou ongebore baba van voedingsto­wwe en suurstof terwyl sy in die baarmoeder is. Die plasenta is aan jou baba verbind met die naelstring. Wanneer jou baba gebore word, hoef die naelstring nie meer suurstof en voedingsto­wwe te vervoer nie en is dit dus nie meer nodig nie. Dis hoekom jou baba se naelstring kort ná die geboorte afgeklamp en naby haar naeltjie afgeknip word. Dié prosedure is pynloos, aangesien daar geen senuweepun­te in die naelstring is nie. Die klamp word aangelos tot die naelstring uitdroog.

Die klein stompie wat agterbly is deel van die naelstring wat uiteindeli­k uitdroog en afval.

Dis belangrik dat jy hierdie oorblywend­e stukkie naelstring behoorlik versorg tot dit vanself afval, wat gewoonlik binne die eerste 10 dae gebeur, al kan dit soms tot 20 dae lank klou.

VERSORG DIE STOMPIE SO

HOU DIT SKOON. Maak die naelstring met elke doekruilin­g skoon en ook ná elke bad. Lig die stompie op en maak die plekkies om en onder die stompie met ontsmettin­gsalko-hol en watte skoon. Sorg dat jy dit behoorlik skoonmaak en moenie bang wees om op die basis te vee waar die naelstring aan die naeltjie vasgeheg is nie. HOU DIT DROOG. Stel die stompie soveel moontlik aan lug bloot. As dit warm is, kan jy jou baba in ’n doek en T-hempie

aantrek om die lugvloei om die naeltjie te verbeter. Vou jou baba se doek aan die voorkant na onder sodat dit nie teen die stompie vryf of die stompie aan urine blootstel nie. Dis ook ’n goeie plan om die stompie omtrent vyf minute per dag son deur ’n venster te gee. VEE NET AF. Vermy dit om jou baba in die eerste dae ’n vol bad te gee. Jy wil nie die naelstring onnodige vog laat trek nie, want dan duur dit langer om uit te droog. LAAT DIE STOMPIE SELF AFVAL. Moenie daaraan trek nie, selfs al hang dit aan ’n draadjie. Dit sal self afval. Maak dit met ontsmettin­gsalkohol skoon en hou dop om seker te maak dit ontsteek nie. Soms bly daar ’n paar stukkies klonterigh­eid oor nadat die koord afgeval het. Dit kan vanself verdwyn, maar soms moet dit deur ’n dokter behandel word.

Die naelstring val binne 10 dae af, maar kan tot 20 dae klou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa