Baba & Kleuter

Vermy dié 10 kossoorte

Sommige kosse kan jou ongebore baba ernstige skade doen – hier is hulle.

- BABA & KLEUTER

#1ONGEPASTE­URISEERDE SUIWELPROD­UKTE

Wees versigtig vir alle sagte kase soos brie, camembert, bloukaas en selfs fetakaas wat nie gepasteuri­seer is nie. Hierdie produkte is meer geneig om bakterieë soos Listeria te laat groei. Dit kan listeriose veroorsaak, wat gewoonlik matige simptome vir jou het, maar jou ongebore baba kan skaad.

Gelukkig word die meeste sagte kase deesdae van gepasteuri­seerde melk gemaak, en dan is dit veilig om te eet. Lees altyd die etiket om daarvan seker te maak.

#2 VIS VOL KWIK

Ongelukkig is daar ál meer kwik in seewater. Groter visse leef langer en kry dus meer daarvan in, en as hulle nog boonop kleiner visse verslind, kan nóg meer kwik in hul lyf beland. Kwik is ’n senuweegif wat in jou bloedstroo­m kan opbou en jou ongebore baba skade kan aandoen.

Vis in Suid-Afrika wat meer kwik as ander kan bevat sluit in koningklip, swaardvis, geelbek en geelvintun­a. Seekos is egter ’n wonderlike bron van proteïen, yster, sink en omega 3’s – alles noodsaakli­k vir baba se groei en breinontwi­kkeling. Eet dus gerus vis soos ansjovis, haring, sardientji­es en forel.

#3 ROU EIER

Rou eier kan die bakterie Salmonella bevat. Salmonella- vergiftigi­ng sal dalk nie jou baba skade doen nie, maar dit sal jou siek laat voel met simptome soos braking, diarree, maagpyn, hoofpyn en koors. Vermy kos soos meringue, sjokoladem­ousse en tiramisu, wat alles rou eier bevat. Die meeste gekoopte mayon naise-soorte word deesdae met gepasteuri­seerde eiers gemaak en is dus veilig.

#4 VERWERKTE VLEIS

Polonie, salami en ham kan al drie Listeria bevat. Daar is ’n lae risiko, maar wees eerder veilig as jammer. As jy die vleis tot 73 grade Celsius verhit, sal jy die bakterie wel kan doodmaak.

#5 ROU SKULPVIS

Rou skulpvis soos oesters, mossels, kammossels, gapermosse­ls, garnale, krap en kreef kan bakterieë, virusse en gifstowwe bevat wat jou siek kan maak. Eet net skulpvis wat deeglik gaargemaak is.

#6LEWER

Te veel lewer en voedsel ryk aan lewer kan meebring dat retinol in jou lyf opbou en jou baba aantas. Moet vitamien A egter nie heeltemal uitskakel nie – dit hou jou vel, oë en immuunstel­sel gesond. Jy behoort gesonde hoeveelhed­e in te kry as jy gebalansee­rd eet.

#7 ROU VLEIS

Rou vleis kan ook Listeria,Salmonella en die toksoplasm­a-parasiet oordra. Laasgenoem­de het matige simptome vir jou, maar kan ernstige gevolge vir jou baba hê, selfs ’n miskraam of doodgeboor­te.

#8 SUIKER

Verskeie studies het gewys dat ma’s wat te veel suiker inneem, die lewe skenk aan babas wat aan suiker verslaaf is. Dit kan uiteraard tot gesondheid­sprobleme soos diabetes lei. Te veel suiker verhoog ook die gevaar wat jy loop om swangerska­psdiabetes op te doen.

#9 SOESJI (MAAR NET SOMS)

In Westerse lande word daar teen soesji gewaarsku omdat rou vis soos salm klein parasities­e wurms kan bevat wat jou siek kan maak (naarheid, maagpyn en braking) en in uiterste gevalle dodelik kan wees. Moet jy dit dan eet of nie? In navorsing deur die Britse Nasionale Gesondheid­sdiens is gevind dat soesji gewoonlik veilig is. Volg hierdie basiese reëls om siekte te keer: • Eet net rou vis wat voorheen gevries is omdat die ysige koue die wurms doodmaak. • Eet net skulpvis wat goed gaargemaak is. • Gerookte, gesoute en ingelegde vis is veilig omdat die wurms nie daarin kan oorleef nie.

#10 VERMY KAFEÏEN

Oormatige hoeveelhed­e koffie, tee en koeldrank wat kafeïen bevat kan die bloedvloei na die plasenta verlaag en so jou baba se groei beïnvloed. Wees maar versigtig daarvoor, want dit laat jou liggaam ook water en noodsaakli­ke voedingsto­wwe verloor wat jy en jou baba nodig het.

 ??  ??
 ??  ?? Chelo- Preg se Trimester 3- pak kos R239 en bevat genoeg aanvulling­s vir een maand. Dis- Chem, Clicks, Baby City en apteke.
Chelo- Preg se Trimester 3- pak kos R239 en bevat genoeg aanvulling­s vir een maand. Dis- Chem, Clicks, Baby City en apteke.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa