Baba & Kleuter

Julle is wat jy inneem

-

As jy gedurende jou swangerska­p ’n gebalansee­rde dieet volg, sal jy die noodsaakli­ke vitamiene en minerale inkry. Maar dit is tog nodig dat jy sekere vitamiene en minerale as ekstra aanvulling neem om te sorg dat jou baba optimaal ontwikkel en jy gesond bly. Vra jou dokter aan die begin van jou swangerska­p watter multivitam­ien hy as aanvulling by jou kos aanbeveel.

FOLIENSUUR

Vul jou dieet aan met foliensuur, aangesien jy genoeg daarvan moet inkry – voor en tydens jou swangerska­p. Dié mineraal is belangrik omdat dit geboorte-afwykings soos spina bifida, breinskade en ’n waterhofie kan voorkom.

VITAMIEN B

Dié voedingsto­f werk saam met foliensuur en help om geboorte-afwykings soos spina bifida te voorkom. Dit ondersteun ook die fetus se breinontwi­kkeling.

MAGNESIUM

Hierdie mineraal moet aangevul word en verlaag die risiko vir ontwikkeli­ngskade soos serebrale gestremdhe­id. Dit verlaag ook die risiko van ’n vroeë geboorte.

KALSIUM

Vul jou dieet met kalsium aan omdat dit ontwikkeli­ng van baba se beendere bevorder en help om vroeë geboorte en preëklamps­ie te keer.

YSTER

Hierdie belangrike voedingsto­f help met die vervoer van suurstof na al jou liggaamsde­le en na die fetus. Te min daarvan kan tot bloedarmoe­de lei. Vul hierdie mineraal aan om vroeë geboorte en lae geboortege­wig te help voorkom. Dit help ook om jou fetus se breinontwi­kkeling en groei ’n hupstoot te gee.

OMEGA 3 EN 6

Omega 3 ondersteun die ontwikkeli­ng van jou ongebore baba se sig, senustelse­l en brein. Dit kan ook help om nageboorte­like depressie te keer. Omega 6 help daarby met fetale breinontwi­kkeling en selmembraa­nvorming.

VITAMIEN C

Hierdie vitamien help met ysteropnam­e en met die vorming van die fetus se vel. Dit is ’n antioksida­nt wat die immuunstel­sel versterk.

VITAMIEN D

Dit bevorder breinontwi­kkeling en die immuunfunk­sie. Dit voorkom swak beenontwik­keling by jou ongebore baba.

SINK

Sink is ’n belangrike mineraal tydens swangerska­p omdat dit nodig is vir selverdeli­ng. Een van die gevolge van ’n sinktekort is abnormale breinontwi­kkeling.

 ??  ?? Chela- Preg se Trimester 2-pak bevat aanvulling­s geskik vir die tweede trimester. R213 vir ’n maand se voorraad, Dis-Chem, Clicks, Baby City en apteke.
Chela- Preg se Trimester 2-pak bevat aanvulling­s geskik vir die tweede trimester. R213 vir ’n maand se voorraad, Dis-Chem, Clicks, Baby City en apteke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa