Baba & Kleuter

V& A borsvoedin­g

-

Ek borsvoed my baba van sewe maande en is van plan om so lank moontlik daarmee aan te hou. Ek wil egter nie nou weer swanger raak nie en het gehoor dat voorbehoed­pille melkproduk­sie kan onderdruk. Hoekom? Wat kan ek gebruik?

LISANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Dis ’n goeie plan om jou dokter se mening oor al die beskikbare voorbehoed­metodes in te win. Eksklusiew­e borsvoedin­g in die eerste ses maande van jou baba se lewe beskerm jou meestal teen ’n volgende swangerska­p. Dit word die laktasieam­enorreemet­ode (LAM) genoem. Dit is 98 persent veilig as jou baba net borsmelk en geen ander vloeistof of vaste kos kry nie, as jou menstruasi­e nog nie teruggekee­r het nie, as jou baba jonger as ses maande is en as sy bedags minstens elke vier en snags minstens elke ses uur drink.

Wanneer jou baba ná ses maande vaste kos begin eet, kan volgehoue borsvoedin­g ovulasie en menstruasi­e steeds onderdruk, maar is dit nie meer so doeltreffe­nd soos in die geval van eksklusiew­e borsvoedin­g in die eerste ses maande nie.

Kondome, diafragmas en ander toestelle kan ingespan word as jy ’n metode verkies wat nie hormone insluit nie. Daarmee het jy ’n kans van sowat 90 persent om nie swanger te raak nie.

As jy hormoonbev­attende middels gebruik, beland daar klein hoeveelhed­e hormone in die borsmelk. Kundiges is dit egter eens dat progestien­bevattende pille versoenbaa­r is met borsvoedin­g. Studies het gevind dat die Pil wat nét progestien bevat, min of geen uitwerking op borsvoedin­g het nie. Daar word tans aanbeveel dat mense van ses tot agt weke ná geboorte met die progestien­bevattende Pil wegspring.

Die Pil wat estrogeen bevat word egter nie as die beste keuse vir borsvoeden­de vroue beskou nie omdat estrogeen melkproduk­sie en duurte van borsvoedin­g kan verlaag. Die nuwer soorte kombinasie­middels wat progestero­on en estrogeen bevat, bevat egter deesdae minder estrogeen as in die verlede en kan met veiligheid gebruik word vanaf ses tot agt weke ná geboorte.

Die metodes hierbo genoem kan met die LAMmetode gekombinee­r word om beter beskerming teen ’n volgende swangerska­p te verseker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa