Baba & Kleuter

Slim reënboog

Leer jou kinders die kleure van die reënboog met dié vrolike projek.

-

JY HET NODIG

• Linte in die reënboogkl­eure (rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet) • Papierbord, in die helfte gesny • Gom • Watte • Toutjie

GAAN SO TE WERK

1. Knip die linte sodat hulle min of meer dieselfde lengte is. Lê hulle in die volgorde van die reënboogkl­eure neer. 2. Plak hulle in dié volgorde op ’n halwe

papierbord vas. 3. Plak die papierbord vol watte sodat dit

soos ’n wolk lyk. 4. Vou die toutjie in die helfte en plak die los punte aan die agterkant van die bord vas om ’n lussie te vorm waaraan die reënboog opgehang kan word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa