Baba & Kleuter

TERUG WERK TOE

- FRIEDA- MARIE DE JAGER, SOMERSETWE­S, WES- KAAP

Ons klein Bernhard, superseunt­jie, is 15 weke oud. Die nuutste manier waarop hy my mammahart laat smelt, is met ’n spontane uit-die-maag-laggie waaraan die hele lyfie deelneem. Ek was tot nou daar vir elke laggie, maar moet volgende week terugkeer werk toe. Ai, hoe vinnig het die vier maande kraamverlo­f verbygevli­eg!

Bekommerd oor Bernhard is ek nie. Ons het in die boepensdae elke speelskool in ons omgewing krities en noukeurig gaan bekyk en die een gekies met die oulikste speelplek en die knapste personeel. Ek weet sommer sy lekker tandvleis-laggie gaan die hart van die juffrou by Bumble Love Daycare vinnig wen en vele maatjies lok.

Hierdie mamma is senuweeagt­ig oor haar eie verlange. Oor trane wat vlak sit en dalk voor my baas of kliënte ontsnap. Oor die misloop van magie-laggies, eerste woorde en stywe drukkies. Maar ook oor ’n nuwe definisie van vrou wees – werkende ma! Sjoe, het ek wat dit verg? Kom ons kyk ...

Dankie, Baba & Kleuter, vir onmisbare raad en lekker leesstof deur my swangerska­p en kraamverlo­f.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa