Baba & Kleuter

MY STERK KIND

- JEAN BAULING, KLERKSDORP, NOORDWES

As daar vir jou gesê word die kans is skraal dat jy ooit ’n ma gaan word, leer jy mettertyd om dit te aanvaar.

Een normale oggend, terwyl ek op pad werk toe is, kom ek agter dat ek effens anders voel. Min het ek geweet dat ek reeds ’n klein seuntjie in my saamdra.

Keanu is op 25 weke gebore omdat ons verskillen­de bloedgroep­e het. Hy het net 750 gram geweeg. Niemand het geweet wat sou gebeur nie en ons het alles dag vir dag aangepak. Die lewe in ’n neonatale intensiewe sorgeenhei­d is moeilik en baie emosioneel. Ons bly egter positief en weet dat Keanu anderkant sal uitkom. Hy is nou drie maande oud, weeg 2,2 kg en maak my die gelukkigst­e mamma ooit.

Ek hoop hy kan vinnig huis toe kom. Hy is ’n sterk kind en het die oulikste glimlag!

 ??  ??
 ??  ?? gewig aanKeanu Bauling het taamlik gesit en weeg nou 2,2 kg. Keanu het net ná geboorte 750 g geweeg.
gewig aanKeanu Bauling het taamlik gesit en weeg nou 2,2 kg. Keanu het net ná geboorte 750 g geweeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa