Baba & Kleuter

ONS FACEBOOK-MA’S SÊ …

Hoe het jou ouer kind aangepas toe hy of sy ’n nuwe boetie of sussie gekry het?

-

MARYNA SWANEPOEL

My dogtertjie het nie baie van haar boetie gehou nie. Hy was ’n week oud, toe gooi sy hom met ’n vol suigbekert­jie. Die liefde het darem oor die jare toegeneem en sy is nou baie lief vir haar boetie.

MARIËTTE VAN HEERDEN

My twee oudstes was van die begin af mal oor hul bababoetie. Ek moet net keer of hulle soen hom óp.

MINDIE DE MAN

My seuntjie (4) was van die begin af baie liefdevol teenoor sy sussie, wat nou twee maande oud is. Hy hou daarvan om haar soentjies en drukkies te gee en sê heeltyd “cute sussie”. Ons het gedink hy gaan sukkel om aan te pas, maar dit was presies die teenoorges­telde.

CHRISNA STEYN

My seuntjie (22 maande) het goed ingeskakel by sy nuwe boetie. Hy was nooit jaloers, moeilik of afknouerig nie – vandag is hulle mal oor mekaar en hy gooi sy bababoetie toe onder soene en drukkies. Hulle speel graag saam en hy deel alles, tot sy roomys!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa