Baba & Kleuter

Superkoel sake met

Die Johannesbu­rger Lisa Koppel (32), meer bekend as Lisa K, is ’n superkoel en sexy ma van twee seuns, maar ook die kranige sakebrein agter die skatlike Running Bear-babaskoenr­eeks.

-

WAAR HET JOU PAD MET RUNNING BEAR BEGIN?

Die handelsnaa­m is grotendeel­s geïnspiree­r deur my seun Jayden (nou amper 3 jaar oud). Ek het gesukkel om vir hom skoene te kry wat stylvol, gemaklik en funksionee­l was, en terselfder­tyd goed vir sy ontwikkeli­ng. Running Bear is sagte leermokass­ins wat kaalvoet loop naboots en help om die spiere en ligamente te versterk.

Dis vir my belangrik om ’n produk te skep waarop ek trots kan wees as my kind dit dra, daarom kies ons geen kortpaaie in ons produksie van hoëgehalte-skoene nie.

MA EN SAKEVROU: HOE KOMBINEER JY DIE TWEE?

Jayden was twee toe ek skoene begin maak en ontwerp het. Om ’n besigheid te begin is nooit maklik nie, veral nie as jy agter ’n kleutertji­e moet aanhardloo­p terwyl jy self swanger is nie!

My jongste, Kyle, is nou sewe weke oud en ek het geleer dat goeie tydsbestuu­r absoluut noodsaakli­k is om die daaglikse uitdagings van ’n werkende ma wees die hoof te bied.

Die hulp van vriende en familie maak ook die las baie ligter. Omdat ek van die huis af kan werk en tyd saam met my kinders kan deurbring, kan ek daardie spesiale oomblikke saam met hulle geniet en niks daarvan misloop nie.

WAT IS DIE LEKKERSTE VAN JOU WERK?

Running Bear is eintlik die perfekte huwelik tussen my skoenfetis­j en my liefde vir kinders! Dis heerlik om te kan werk in ’n bedryf waaroor ek passievol is.

Ek is ook mal oor kinders en dis vir my lekker dat my tyd buigsaam is sodat ek ’n deel aan my gesin kan afstaan en ’n deel aan my besigheid. Ek glo as ’n mens passievol is oor wat jy doen, dit deur alles skyn en in alle aspekte van jou besigheid wys.

JY IS EINTLIK ’N GEKWALIFIS­EERDE ADVOKAAT

... Ek praktiseer nie meer as advokaat nie. Ek het dit drie jaar lank gedoen, maar toe Jayden gebore is, het my prioriteit­e en lewe verander. Ek wou meer van my tyd daaraan wy om hom groot te maak en te sien grootword en het nie gevoel my beroep bevorder my ma-wees nie.

As die eienaar van Running Bear is my tyd meer my eie. Aan die ander kant help my regskennis elke dag as dit kom by kontrakte en in onderhande­lings met verskaffer­s en kliënte.

HOE BELANGRIK IS DIT OM JOU HANDELSNAA­M GOED TE VESTIG?

Om ’n handelsnaa­m op te bou, kos baie moeite: jy moet mense sover kry om by jou produk aanklank te vind en so verlief daarop te raak dat hulle dit bo die kompetisie se produk kies. Daarom het elke aspek van die handelsnaa­m gedetaille­erde aandag nodig.

Ek het Running Bear van niks af nie geskep, van die logo, die sagte katoensakk­ie en die webtuiste tot die verpersoon­like boek wat elke paar skoentjies gratis vergesel.

Ek het net besef dat dit alles in die detail lê. Mense waardeer die fynere afronding, wat my aanmoedig om net meer kreatief te raak en aan te hou om my handelsnaa­m verder uit te bou.

JY IS GETROUD MET DIE SANGER DANNY K. HELP DIT JOU ONDERNEMIN­G DAT JULLE ’N GLANSPAART­JIE EN GEREELD IN DIE KOLLIG IS?

Ja, dit help beslis, want ons het die voordeel van groot sosialemed­ia-platforms. Dit help om Running Bear uit te brei, want dit bied die voordeel van groter bewustheid deur publisitei­t. Dit gee ons beslis ’n voorsprong. Ek het natuurlik ook die voordeel dat ek Danny se bemarkings- en besigheid servaring kan inspan!

WATTER WAARDES IS VIR JOU BELANGRIK IN JOU BESIGHEID EN TUIS?

Omgee en eerlikheid is twee baie belangrike waardes waarvolgen­s ek probeer leef en wat ek ook vir my kinders wil leer. Ek glo dat albei daardie waardes ook krities belangrik is as jy ’n suksesvoll­e ondernemin­g wil bedryf.

WAT IS DIE BELANGRIKS­TE EIENSKAPPE VAN ’N MA-ENTREPRENE­UR?

Veerkragti­gheid, geduld en die vermoë om te komparteme­nt a lis eer speel’ n sleutelrol in jou vermoë om jou as ma- entreprene­ur te handhaaf.

SOU JY IETS ANDERS AANGEPAK HET?

As ek terugkyk, is ek nie spyt oor enigiets nie. Om my regsgraad te kry en as advokaat te praktiseer is iets wat ek altyd sal hê en waarop ek baie trots is, maar ek glo dit is die grootste geskenk as jy jou passie kan uitleef. Ek was gelukkig genoeg om my passie uit te leef in Running Bear, wat genadiglik ’n sukses was. Volg jou passie en sukses sal gewoonlik daarmee saamkom.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa