Baba & Kleuter

HOE GOED KEN JY JOU BORSTE?

Wees gereed om in verwonderi­ng te staan oor hoe jou borste werk. Antwoord hierdie vinnige vasvra om uit te vind hoeveel jy weet.

-

ANTWOORD 1:

Die korrekte antwoord is B, maar moenie sleg voel as jy A gekies het nie. Die meeste vroue wat nog nie ’n baba geborsvoed het nie dink dat die tepel slegs een opening het, terwyl die hoeveelhei­d openinge inderdaad uniek tot elke vrou is. Volgens ’n Duitse studie* het lakterende vroue ’n gemiddeld van 3.9 aktiewe melkbuise (openinge) op elke tepel. Wonder jy waarom? Melk sproei uit die veelvoudig­e openinge en versprei rondom die mond waar dit met speeksel meng. Dit sit die laktose in die melk in kontak met die laktase- ensiem in jou baba se speeksel wat help met vertering, en help om koliek te verhoed. Dit maak sin dat Moeder Natuur net só slim is.

ANTWOORD 2:

Die antwoord is C – grootte is irrelevant. Jou koppiegroo­tte hou geen verband met die hoeveelhei­d melk wat jy produseer nie. Jou borsgroott­e word grootliks bepaal deur hoeveel vetweefsel jy het en vetweefsel het geen betrekking op hoeveel melk jy maak nie. Die melkkliere maak die melk en die produksie word gesneller deur baba wat voed. Wanneer ’n baba suig, word die melk vanuit die kliere gedruk na die buise onder die tepel en areola en uit in jou baba se mond in. Jou borste sal gedurende swangerska­p groter word soos wat die kliere hulle voorberei en hulle sal groter wees soos die melk dit vul. Die hoeveelhei­d melk word egter bepaal deur hoeveel keer baba voed: Eenvoudig vraag en aanbod.

ANTWOORD 3:

Die antwoord is B. Wanneer jou baba voed, verander jou tepel van vorm na ’n asimmetrie­se plat, verlengde vorm – wat die beste by jou baba se mond aanpas vir behoorlike kaak- en spierkoör dinasie.

Jou baba se mond sal rondom die areola vassuig om ’n verseëlde vakuum te vorm en die tepel in die mond intrek.

Wanneer jou baba behoorlik vassuig, sal geen lug inkom nie. ’n Duitse studie wys dat pasgeboren­es tipies 70 g borsmelk in 13 minute inneem met 569 suigbewegi­ngs en 53 ruspouses. Fassineren­d! Al die gesuig gee meer as net voeding – dit oefen eintlik die kaak, lippe en gesigspier­e wat toelaat dat die laerkaak verbreed en help vir algehele optimale orale ontwikkeli­ng.

 ??  ?? Lobbetjies Melkbuis Vetweefsel Areola Vel Veelvoudig­e buise Plat, verlengde tepel
Lobbetjies Melkbuis Vetweefsel Areola Vel Veelvoudig­e buise Plat, verlengde tepel
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa