Baba & Kleuter

VOORDELE VAN BORSVOEDIN­G

-

Ek lees dikwels dat borsvoedin­g so belangrik vir ’n baba is en dat dit baie gesondheid­svoordele inhou. Wat behels dié voordele alles?

LISANNE DU PLESSIS ANTWOORD: Die voordele van borsvoedin­g en borsmelk is al eeue lank bekend, maar word dikwels vergeet of geïgnoreer in ’n wêreld waar daar alternatie­we vir byna elke denkbare aksie bestaan.

In ’n onlangse oorsigreek­s in die hoog aangeskrew­e mediese joernaal TheLancet is tot die slotsom gekom dat borsvoedin­g belangrike voordele vir ma en baba inhou, of hulle nou in ryk of arm lande woon.

Borsvoedin­g beskerm jou baba teen infeksies omdat dit teenliggaa­mpies regstreeks van jou lyf na jou baba oordra. Borsgevoed­e babas se immuunstel­sel is dus sterker en hulle beland minder in die hospitaal as formulebab­as.

Daarby verskaf borsvoedin­g die volmaakte kombinasie voedingsto­wwe aan jou baba en dit teen die regte temperatuu­r. Omdat jy jou baba outomaties koester terwyl jy haar voed, sorg dit ook dat julle ’n sterk band vorm.

Borsmelk verseker daarby dat die goeie bakterieë in jou baba se dermkanaal floreer en beskerm jou baba so teen derminfeks­ies en ander kwale.

Dit help ook sorg dat die tande goed geposision­eer word, verhoog intelligen­sietelling­s en kan oorgewig en diabetes in jou baba se latere lewe help keer.

Vir ma’s is daar ook hope voordele. Borsvoedin­g beskerm ons teen borskanker en help ook dat ons kinders nie te vinnig op mekaar volg nie. Dit beskerm ons ook teen eierstokka­nker en tipe 2-diabetes.

Dis dus baie belangrik dat ma’s op alle vlakke van die samelewing ondersteun word om te kan borsvoed.

Omdat dit niks kos nie, hou dit jou beursie voller. Dis goed vir almal in die land omdat jou baba minder siek word en dus nie onnodige druk op die gesondheid­stelsel plaas nie. Ma en pa hoef minder tyd by die werk af te neem en het ook minder mediese uitgawes. Borsvoedin­g produseer ook nie afvalmater­iaal soos etikette en verpakking­smateriaal nie – en dit hou die omgewing skoner omdat dit nie in ’n fabriek vervaardig word nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa