Baba & Kleuter

Klein ontdekker aan die beweeg

Huggies Pants en Huggies Gold laat jou baba toe om haar omgewing met selfvertro­ue te ontdek.

-

Kruip is die eerste manier waarop jou baba op eie stoom kan kom waar sy wil wees. Sy begin deur op haar hande en knieë te leer balanseer en dan begin sy vorentoe en agtertoe wieg deur haar met haar knieë weg te stoot. Jou kleinding versterk terselfder­tyd die spiere wat haar binnekort gaan help loop.

Om te kruip is harde werk – dit vereis van jou baba dat sy haar verstand en liggaam gebruik. Jou baba se rug-, nek-, skouer-, arm- en kernspiere moet sterk wees om haar gewig te dra en haar balans te behou. Wanneer jou baba kruip, verskuif haar visie tussen die teiken in die verte en haar hande, wat help om diepte-persepsie te ontwikkel.

Kruip vereis ook inligtingp­rosesserin­g en integrasie: Jou baba gebruik haar sintuie om haar te lei, soos wanneer jy jou baba roep en sy in jou rigting begin kruip. As jou baba die sensoriese stimulasie geprosesse­er het, kan sy die afstand en spoed beoordeel waarmee sy moet kruip om jou te bereik.

Wanneer jou kleinding oor, onder en deur voorwerpe kruip, stimuleer dit die ontwikkeli­ng van ruimtelike bewustheid. Binnekort weet jou baba presies wat die doeltreffe­ndste pad sal wees om te volg om te sorg dat sy haar bestemming bereik.

Dit is algemeen vir babas om op hul boudjies rond te skuif, agteruit te gly of om bilateraal te draai, eers met haar hande gevolg deur haar voete. Om te sorg dat jou baba gemaklik is terwyl sy kruip, is ’n gemaklike doek soos Huggies Pants en Huggies Gold ideaal.

Huggies Pants het ’n sagte, rekbare lyfband rondom jou baba se middel. Hierdie doek het dubbele rekkies wat jou baba se bene sagkens omsluit vir ’n perfekte passing en om lekkasies te voorkom.

Huggies Gold bied jou baba ’n gemaklike passing met die rekbare lyfband en oortjies vir ’n knus en verstelbar­e passing. Hierdie doek het ook ’n DryTouch -voering wat natheid binne sekondes absorbeer vir uiterse velbeskerm­ing. Dié doekkenmer­ke verseker nie net gemak vir jou baba nie, maar ook die vryheid om te beweeg.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa