Baba & Kleuter

WAT JY MOET PAK

-

Sorg dat jy die uitstappie nie aandurf sonder die volgende in jou doeksak nie:

DOEKE (minstens 10), ’n vol pak vogdoekies, boudjiesal­f en plastieksa­kkies vir vuil doeke ’n Spesiale WATERDIGTE MATJIE vir doeke ruil ’n SPOEGDOEK Minstens twee EKSTRA STELLE

KLEERTJIES ingeval baba sy klere vuil of nat maak ’n EKSTRA FOPSPEEN

EKSTRA KOMBERSIES ingeval dit skielik kouer word of jy ’n sonskerm nodig het Baba se STOOTWAENT­JIE, selfs al verkies jy dit om hom in ’n abbasak te dra. As hy huil, kan jy hom in die waentjie tel, ’n ligte kombers oorgooi en hom aan die slaap stoot. Onthou ook van jou eie benodigdhe­de en maak seker jy het: Jou SELFOON met ’n volgelaaid­e battery as jy manlief, ouma of enige ander staatmaker­vriendin in geval van nood moet bel Jou BEURSIE ’n EKSTRA BOSTUK vir jou is ook wys. Baba besluit dalk net vandag om al sy melk oor jou uit te spoeg of jou nat te pieps ANTIBAKTER­IESE AFVEELAPPI­ES of ’n waterlose handreinig­er ’n Bottel WATER en ’n PEUSELHAPP­IE as jy borsvoed en die groot dors of honger jou ontydig oorval.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa