Baba & Kleuter

KAN EK MET MY PASGEBOREN­E REIS?

-

V

Ons reis elke jaar na my suster in die Ooste. Is dit veilig dat my een maand oue baba saamvlieg? Kan ’n mens maar met so ’n klein baba na ’n ander land gaan? A

DR. H.P. VAN DER MERWE ANT

WOORD: Weens toenemende globaliser­ing het reisgenees­kunde ’n spesialisv­eld geword en is dit belangrik dat reisigers ingelig is oor die gesondheid­sgevare in die deel van die wêreld wat hulle wil besoek. Daar is verskeie reisklinie­ke wat inligting daaroor kan verskaf.

Dis egter nie ’n goeie plan om ’n internasio­nale reis met ’n maand oue baba te onderneem nie.

Hoewel jy jou baba waarskynli­k borsvoed en die teenliggaa­mpies in jou bloed jou baba ’n mate van beskerming teen sekere siektes gee, is die gevaar van komplikasi­es te groot as ’n baba van hierdie ouderdom siek word. Stel jul reisplanne liewer ’n ruk uit.

Babas van een maand oud is nog nie geïmmunise­er teen ernstige siektes wat wêreldwyd voorkom nie en dis moeilik om blootstell­ing aan dié siektes in onbeheerde omgewings soos lughawens en vliegtuie te vermy.

Komplikasi­es van seisoensie­ktes soos griep en brongiolit­is kan ook katastrofi­ese gevolge vir jong babas inhou. Daar is ’n malariagev­aar in sekere Oosterse lande en hoewel klein babas voorkomend­e middels moet inneem, kan dit makliker newe- effekte veroorsaak.

Sekere Oosterse lande het ook ’n hoë voorkoms van hepatitis A en babas kan eers van een jaar oud af daarteen geïmmunise­er word. Inenting teen seldsame siektes soos Japannese ensefaliti­s is ook eers op ’n later ouderdom gewens.

Dan is daar ook streeksgeb­onde siektes in die Ooste wat nie deur immunisasi­e voorkom kan word nie.

In ’n neutedop beveel ek dus aan dat julle nie met ’n maand oue baba Ooste toe reis nie. Stel die reis liewer met minstens ’n jaar uit.

Kontak ’n mediese reisklinie­k minstens twee maande voor jul vertrek om te hoor watter moontlike immunisasi­es en voorkomend­e behandelin­g nodig is, afhangende van waarheen julle reis.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa