Baba & Kleuter

ANTIBIOTIK­A & BRANDBOUDJ­IES

-

Antibiotik­a kan diarree veroorsaak, wat op sy beurt twee soorte brandboudj­ies veroorsaak: kontakderm­atitis en sproei.

Antibiotik­a maak 80 persent van die gesonde kieme in jou baba se maag dood sodat daar niks is wat teen die sproei-swam kan werk nie. Laasgenoem­de groei dus na hartelus.

Kinders wat herhaaldel­ik sproei kry en antibiotik­a moet drink, moet ook ’n teenswammi­ddel inneem, is Paul se raad.

Hoewel daar nie bewys is dat probiotika sproei en brandboudj­ies verbeter nie, gebruik baie ouers dit om die diarree teen te werk wat deur die antibiotik­a veroorsaak word.

“Sommige ouers gebruik selfs ’n aanrol-probiotika­room op die doekarea,” sê Paul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa