Baba & Kleuter

WAT VAN SNAGS?

-

Baie kinders is al maande (soms ’n jaar of twee) lank bedags droog, maar kry nog glipsies in die nag. Dis heeltemal normaal omdat die meeste kinders se blaas nog nie genoeg ontwikkel het om al die vloeistof ’n hele nag lank binne te hou nie.

Jy sal mettertyd begin agterkom dat sy soms soggens met ’n droë doek wakker word. Wanneer sy ’n paar oggende ná mekaar droog wakker word, kan jy daaraan begin dink om die nagdoek te los. Seuntjies het gewoonlik meer tyd nodig om snags sonder ’n doek te slaap as dogtertjie­s.

Beperk vloeistofi­nname voor sy gaan slaap, maar moet haar nie dors of ongemaklik laat gaan slaap nie. Neem haar vir ’n laaste pieps voor sy gaan slaap en as jy wil kan jy haar selfs weer neem voor jý gaan slaap – hoewel party kenners meen dis beter om ’n kind te leer om ononderbro­ke te slaap sonder om ’n draai te gaan loop.

Aanvaar dat daar selfs ’n paar jaar lank nog glipsies in die nag gaan wees. Skaf ’n ordentlike waterdigte laken aan om die matras te beskerm en moenie met haar raas as sy ’n glipsie gehad het nie.

Laat ’n naglig in die kamer aan sodat sy snags sonder vrees kan opstaan as sy wil gaan piepie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa