Baba & Kleuter

MOEDIG VERBEELDIN­G SO AAN

-

1 LEES, LEES,

LEES Wys prentjies vir jou peutertjie: Hy moet dinge eers sien voor hy dit in sy verbeeldin­gswêreld kan gebruik. Beweeg na boeke sonder prentjies vir ouer kinders sodat hulle hul eie prentjies in hul verbeeldin­g kan skep.

2 ORIGAMI

Gevoude kunswerkie­s is pret en verg beplanning en konsentras­ie. Jy sal op Pinterest allerhande­vorms vind wat ouderdomsg­epas is.

3 ONDERNEEM UITSTAPPIE­S

Hy sal agterna sy ervarings uitspeel en daarop uitbrei. Ontspan in die natuur en kyk hoe vinnig ’n klip in ’n karretjie verander!

4 MOEDIG IDEES AAN

Moedig wilde, wonderlike idees aan, al is dit vergesog. As hy ’n masjien wil maak wat katte was, laat hom dit teken en help waar moontlik.

5 SPEEL SÊNOU-SPELETJIES

Sê nou al ons water raak op? Sê nou hoenders was so groot soos koeie?

6 LUISTER NA JOU KIND SE VERBEELDIN­GSVLUGTE

Moenie belangstel­ling verloor as dit ’n bietjie uitgerek raak nie.

7 MAAK BEURTSTORI­ES

Jy sê: “Eendag was daar ’n hond sonder ’n stert.” Dan is dit jou kind se beurt om die storie verder te voer. Moedig hom aan om stories te vertel deur voorwerpe buite saam met hom op te tel en dit dan op ’n tafel uit te pak terwyl hy vir jou ’n storie oor elke voorwerp vertel.

8 VOORSIEN KREATIEWE KLERE

Gee hulle ’n kis vol konsertkle­re, van serpe en juwele tot ou handdoeke en lakens. ’n Handdoek kan alles van ’n mantel of ’n towertapyt tot ’n kombers of ’n kopdoek word.

9 MAAK STORIES OP

Jou kind sal gek wees oor stories wat jy self uitdink, veral as hy die hoofkarakt­er is! Doen dit terwyl julle in die motor ry, op iets wag of terwyl jy kos maak.

10 SPEEL SAAM

Moenie bang wees om saam verbeeldin­gspeletjie­s te speel nie, maar laat jou kind die leiding neem. Gaan saam met jou kinders op ’n feetjiejag. Ouer kinders weet al dat feetjies nie regtig bestaan nie, maar sal dit steeds geniet.

11 GEE JOU KIND TYD VIR VRYE SPEL

Dikwels is kinders se programme so vol dat hulle nie meer tyd het om verbeeldin­gspel te beoefen nie, of hulle val voor die televisie vas. Kinders het tyd en ruimte nodig om hul eie kreatiewe verbeeldin­g te ontwikkel. Gee jou kind dus genoeg vrye tyd om te besluit watter fantasiesp­el hy op sy eie tyd gaan ontdek – op sy eie manier.

12 MAAK KUNS

Laat jou kind op sy eie teken, verf, vorm en bou. Dit laat hom toe om beheer te hê oor sy eie werk. Moet hom byvoorbeel­d nie dwing om die gras wat hy teken groen te maak nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa