Baba & Kleuter

ONTMOET OLGA ONSIGBAAR

-

As jy al op jou kind se verbeeldin­gsmaatjie getrap het, sal jy weet hoe belangrik hierdie maatjies is! Studies toon ’n derde van alle kinders het die een of ander tyd’ n verbeeldin­gsmaatjie. Hierdie onsigbare vriendjies is dikwels ’n manier waarop ’n kind sy vrese verwerk. Speel gerus saam, maar moenie toelaat dat jou kind sy verbeeldin­gs maatjie as verskoning gebruik vir slegte gedrag nie. Jou kinds al mettertyd sy verbeeldin­gsmaatjie ontgroei, gewoonlik voor agt jaar oud. As jou kind ouer is en steeds’ n verbeeldin­g maatjie het, stel ondersoek in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa